Successfully reported
+17

83 on Robertson

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 28 Okt 2025 tot 11 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 83 Robertson Avenue, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

83 on Robertson is 'n vakansiehuis naby die strand in die kusdorpie, Reebok. Dié klein dorpie is tussen Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier geleë en is 'n kort entjie se ry van Hartenbos, Mosselbaai en George plus sy lughawe af.

Dié eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die slaapkamers het albei 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Daar is 'n oopplan-kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, lugbraaier, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, ketel en basiese kookgerei toegerus is. Die eenheid het ook 'n TV met DStv, toegang tot gratis WiFi en 'n binnebraai.

Besienswaardighede in die area sluit Jakkalsvlei Wynplaas, Botlierskop Wildreservaat, Redberry Farm, Ilita Lodge Restaurant met 'n ongelooflike uitsig oor Grootbrakrivier, Die Ou Pastorie Teetuin, Seeplaas Restaurant, De Vette Mossel Seekosrestaurant, De Dekke Restaurant, Reebokstrand, Kleinbrakstrand, Oubaai Gholflandgoed en die Tuinroete Casino in. Gaste kan baie aktiwiteite soos swem, voetslaan, bergfietsry, kajakvaart, visvang, valskermsweef en wynproe in die area geniet.

Winkelsentrums is baie naby geleë, Pick n Pay is 800 m weg en De Dekke Spar slegs 6 kilometer.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Anneline B
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik lekker gebly. Baie lekker, gerieflik, alles was daar wat mens nodig het. Uitsonderlik en baie netjies. Heerlik gebly. Sal beslis weer daar...
Sien meer
Jun 2025
Albert J
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Fantasties! Alles was so skoon en dis voorwaar 'n luukse ingerigte plek met alles wat jy nodig het. Wonderlike gasheer en gasvrou. Sal vir...
Sien meer
Feb 2025
Paul B
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker. Sien sterre.
Nov 2024
Gerrit J
Saam met lewensmaat
5.0
Great. Dit was baie lekker gekuier. Die so gemaklik, skoon, gerieflik en gasvry.
Okt 2024
Heloise L
5.0
Home away from home. Tannie Betsie and Oom Ferdie were just awesome, will 83 on Rob. Home away from home. Tannie Betsie and Oom Ferdie ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Betsie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 83 Robertson Avenue, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink 83 on Robertson het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 83 Robertson Avenue, Reebok, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeSkTpzIOTr6MnWRlMxOGjH1GpjGiQqCyRHbPRFRfLHvSxPPyUG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 080 per nag (plek vir 4) 28 5 1 5 83 Robertson Avenue Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.07306 22.16467
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang