Successfully reported
+26

93 Stella Maris

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 73 Beach Road, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

93 Stella Maris is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Amanzimtoti. Dit bederf nie net met panoramiese see-uitsigte nie, maar is ook 'n hanetreetjie van die strand af geleë, wat dit 'n wonderlike opsie maak vir 'n kuswegbreek.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders en maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n stort-oor-bad het. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n muurgemonteerde TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n oulike balkon wat die perfekte plek is vir óf 'n oggendkoffie óf 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte ten volle bewonder. Die kompleks bied gaste 'n gemeenskaplike swembadarea met braaigeriewe asook veilige parkeerplek.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Sharika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 73 Beach Road, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 93 Stella Maris het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 73 Beach Road, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb360b6112e2bd60bda36f1cce848ccce8edd7e423a14fc516591029adf663bf8a57bbac10fcd0ea8ec957656f12ebccf4d37?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 73 Beach Road Amanzimtoti 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -30.0518979 30.8878191

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang