Successfully reported
+56

A Bed & Roses Guest Rooms

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Innes Street, Waverley, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R1 090 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

A Bed & Roses Guest Rooms is in die boomryke noordelike voorstad, Waverley, in Bloemfontein geleë. Dit is aan die voet van die historiese Naval Hill en bied maklike toegang tot die N1-snelweg en Braam Fisher Internasionale Lughawe.

Daar is 'n selfsorg-eenheid wat beskik oor 'n en suite-slaapkamer en 'n oopplan-leefarea met 'n sitarea en kombuisie. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die eenheid is swierig ingerig met Franse flair.

Gratis WiFi is beskikbaar.

Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskassie, broodrooster, ketel en 'n ontbythoekie toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplekke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die area lei na 'n houtdek met 'n buite-eetstel en 'n gemeenskaplike swembad. In die sitkamer is daar 'n slaapbank.

Doendinge in die omgewing sluit voëlkyk, fietsry en bergfietsry in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Melinda M
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtig! Heerlik en baie rustig! Ons het laat arriveer en die gasvrou was so hulpvaardig en baie vriendelik. Die gastehuis het alles wat jy nodig het ...
Sien meer
Jul 2025
Christien T
Saam met lewensmaat
5.0
Dis meer as net 'n oornagkamer, dis 'n vakansiehuis. A Bed & Roses is 'n heerlike oase in 'n stil buurt. Dis 'n plek waar jy kan afskakel en rus. Die ...
Sien meer
Des 2024
Marcia D
Saam met lewensmaat
5.0
We felt at home and comfortable; will definitely stay again! Fabulous! Quiet, clean, extra touches in chocolates, coffee plunger when w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Helene T
Saam met lewensmaat
5.0
Die gasvrou was lieflik en tegemoetkomend. Soveel moeite gedoen. Pragtige plek. Besonderse dekor. Vars rose oral. Lekker privaat. Swembad net buite di...
Sien meer
Okt 2024
Shani V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik mooi, skoon en lekker gewees! Die verblyf, plekkie, diens en netheid was 10 uit 10. Ons het ongelooflik lekker gebly en beveel dit vir eni...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 19 Innes Street, Waverley, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink A Bed & Roses Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 090
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 090
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 090
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Innes Street, Waverley, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA62d93beb14c42689a688a7b9bc35ab808adc7aaf7a8b5568cba7d86a67066399586befa58ddb261bd330e2b5a61d053f9eab?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 090 per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 19 Innes Street Waverley 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.093137988336 26.239103746627

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang