Successfully reported
+14

A Country Garden Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 62 Peter Mokaba Street, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

A Country Garden Guest House is naby die middedorp van Potchefstroom geleë en is ideaal vir sakereisigers, toeriste, verteenwoordigers of akademici wat die area besoek. Dis ook stapafstand vanaf Kenneth Mac Arthur Stadion, Potchefstroom Hoërseunsskool, Huis Eikelaan, Medicross en Mooimed.

Die gastehuis is deur Pieter Jooste ontwerp en bied 5 kamers wat uitkyk oor die pragtige tuin. Elke kamer het 'n privaat ingang en 'n patio. Die en suite-kamer het lugversorging en ekstra lengte beddens met perkallinne.

Elke kamer het 'n lessenaar, elektroniese kluis, USB en verskeie konneksies en is ook toegerus met 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi beskikbaar. Veilige parkeerplek word voorsien naby die kamers.

Gaste kan op die patio's ontspan of in die tuin. Rook is verbode in die kamers, patio's en die eetkamer. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Om die rustige atmosfeer te behou en te bevorder sodat almal dit kan geniet, versoek ons geen harde musiek of luidrugtigheid en partytjies te enige tyd nie. Geen ekstra oornaggaste word toegelaat nie.

Let wel dat die tarief nie ontbyt insluit nie. Daar is wel ontbyt op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar, behalwe op Sondae.

Op Sondae is daar geen kamerdiens beskikbaar nie. Vars handdoeke word voorsien. Let wel dat ontbyt ook nie nie op spesiale aanbiedinge beskikbaar is nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Luan L
Besigheidsreis
5.0
Baie goeie waarde vir geld vir die kwaliteit gastehuis wat dit is. Baie netjiese en goed geleë gastehuis met 'n baie skoon kamer en kwaliteit linne.
Okt 2025
Geraldine M
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike, professionele diens in 'n gerieflike kamer in 'n mooi tuin. Ek het baie lekker gekuier, baie rustige plek, mens word wakker met die voëls...
Sien meer
Sep 2025
Wilhelm P
5.0
Skoon, netjies, goeie diens, lekker gebly. Baie lekker gebly, goeie diens, kamer en badkamer is baie netjies en skoon, en dan klomp klein ekstra goedj...
Sien meer
Okt 2024
Geraldine M
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi, netjiese, gerieflike verblyf met professionele diens. Ja, ons het baie lekker geslaap in 'n ruim kamer. Dit was baie warm, maar die koel tuin wa...
Sien meer
Okt 2024
Jan V
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende verblyf. Heerlik gebly. Lugverkoeling, klein yskas, koning / twee enkelbeddens. Heerlike tuin. Veilige parkering.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Emmerentia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 62 Peter Mokaba Street, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Gaste dink A Country Garden Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 62 Peter Mokaba Street, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOVFzhUlu93wFPcCTrKlRt4kT0hRO9gXHqmpxMgpeNHNzg9PFq6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 62 Peter Mokaba Street Potchefstroom 2531 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -26.708598337711 27.0938091416

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang