Abusar Apartment
-
Kapasiteit: 8 persone
7 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Corner of Pretoria and Midblock Road, East Rand Golf Course, Royal Reef West, Boksburg, 1459, Gauteng
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Abusar Apartment, geleë in die veilige Royal Reed West in Boksburg, is 'n idilliese selfsorgwoonstel wat perfek is vir die hele gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek.
Dié smaakvol ontwerpte woonstel het slaapplek vir 7 volwassenes en 1 kind en beskik oor 4 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n sitkamer, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei en breekware. Die eetarea is ingerig met 'n etenstafel wat geskik is vir 4 gaste. Die sitkamer is ingerig met gemaklike sitplek, 'n koffietafel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n gemaklike rusbank en 'n vrystaande braai. Gaste kan 'n duik in die gemeenskaplike swembad, 'n piekniek in die tuin geniet of kinders kan pret hê in die speelpark. Toegang tot veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Enkelslaapbank
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Corner of Pretoria and Midblock Road, East Rand Golf Course, Royal Reef West, Boksburg, 1459, Gauteng
-
Kapasiteit: 8 persone
7 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Corner of Pretoria and Midblock Road, East Rand Golf Course, Royal Reef West, Boksburg, 1459, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang