Successfully reported
+43

Accommodation Mosselbay

Winteraanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Okt 2025 tot 31 Okt 2025.

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Nutans Street, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 R760 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Accommodation Mosselbay is aan die kus van Danabaai geleë en kyk uit oor 'n lang stuk van die pragtige strandfront met nimmereindigende see-uitsigte. Die huis het 2 knus selfsorgwoonstelle met privaat ingange wat beslis jou vakansie 'n wonderlike ervaring sal maak. Gaste kan walvisse en dolfyne van die perseel af dophou.

Die eerste woonstel, Whalewatch, is op die boonste verdieping geleë en bied panoramiese see-uitsigte reg deur die woonstel. Gaste kan selfs uit hulle eie slaapkamers uit walvis- en dolfynkyk. Hierdie ruim eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers, en slaapplek vir 6 gaste. (Let wel: Dit sluit 'n stapelbed in). Die woonstel het 'n volledig toegeruste selfsorgkombuis, 'n groot sitarea en 2 ruim balkonne (1 wat na die noorde kyk en die ander na die suide) met nog sitplek. Die sitarea het 'n TV met DStv-toegang en die patio het 'n draagbare braai.

Die tweede woonstel, Seahorse, is 'n oopplan-enkelwoonstel in die onderste deel van die huis. Hierdie bekoorlike eenheid het nie see-uitsigte nie, maar wel 'n lieflike tuin en braai-area. Die eenheid het 'n oopplan-slaapkamer, 1 badkamer en slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, 'n eetkamer en 'n leefarea met DStv-toegang. Die sitarea dien ook as 'n tweede slaaparea en het 2 enkelbeddens.

Accommodation Mosselbay is net 'n klipgooi van die strand af waar jy al langs die water kan gaan stap of op 'n warm, sonnige dag op die sand kan ontspan. Mosselbaai is net 'n kort entjie se ry weg en daar kan jy verskeie restaurante, winkels en ander opwindende bestemmings en doendinge aantref.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 71 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Gorden T
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike ervaring. Baie lekker gekuier, gasheer baie vriendelik en gasvry. Het dit baie geniet. Die uitsig was asemrowend.
Sep 2025
Valentia V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons was baie hartelik verwelkom. Die plekkie is baie gerieflik. Ons het baie lekker gebly.
Sep 2025
Carita B
Saam met lewensmaat
5.0
Dankie vir 'n wonderlike tydjie! Ongelooflik! Dit was 'n onvergeetlike vakansie in 'n asemrowende omgewing. Die woonstel was goed toegerus, skoon, net...
Sien meer
Aug 2025
Malcolm Montgomery B
Gesin met klein kinders
5.0
'n Plek om te recharge met vriendelike en behulpsame gasheer en gasvrou. Baie lekker, sal beslis weer daar gaan bly. Goed toegeruste eenhede met die p...
Sien meer
Apr 2025
Jacobus C
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker. Ja. Baie mooi plekkie, veilig en vriendelike mense wat ons ontvang het. Alles was op plek en net perfek.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Hilda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 71

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 18 Nutans Street, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Accommodation Mosselbay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R 950 R 760
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R950
R 950 R 760
per nag (plek vir 4)
Vanaf R950
R 950 R 760
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Nutans Street, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8eed3a52f02f47723c2eaef9255676cd4b539e62bf6bf253dd1ca9e0ef0115ca5fb39299dab6c5c433421e4b41f35415943?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R760 per nag (plek vir 4) 71 5 1 5 18 Nutans Street Mossel Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.205786404674 22.037277440475

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang