Adventure Bush House II
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1266 Volstruis Road, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 13)
Beskrywing
Adventure Bush House II is 'n ruim vakansiehuis in die gewilde Marlothpark en dis ideaal vir 'n gesinsvakansie naby die Krugerwildtuin. Die huis het 'n privaat plonspoel waarin gaste kan afkoel.
Die huis is beurtkragvriendelik wat beteken dat die warm water, stoof, ligte en internet steeds sal werk gedurende kragonderbrekings.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Al 5 slaapkamers het lugversorging en koningingrootte-beddens. Net 4 van die slaapkamers het en suite-badkamers en elkeen het 'n stort of 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea op die grondverdieping het lugversorging en 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en ekstra vriesplek. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek.
Daar is 'n knus sitarea op die boonste verdieping en dit het nog 'n eetarea en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n lieflike stoep met braaigeriewe en sitplek waar gaste kan sit en 'n uitsig oor die omliggende bosveld geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
3 x Enkelslaapbank
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
MyAdventure Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 30
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 1266 Volstruis Road, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
- Gaste dink Adventure Bush House II het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1266 Volstruis Road, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang