Successfully reported
+46

African Roots Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 58A Devenish Street, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

African Roots Guest House is in Polokwane, tussen die middestad en die voorstede Bendor en Welgelegen. Dié gastehuis bied stil en gerieflike verblyf met warm gasvryheid en 'n rustige atmosfeer. Dit vorm deel van die oorspronklike plaashuis wat in 1928 gebou is. Die eertydse sierplafonne en oregon-houtvloere is pragtig met 'n moderne boustyl gekombineer.

Ons bied verblyf in 22 kamers met individuele ingange na die tuin of swembad. Elke kamer is pragtig ingerig met antieke en moderne meubels en oorspronklike kunswerke. Die koninginkamers het hul eie sitkamers en kaggels. Die 2-enkelbed- en koningkamers het lugversorging. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, asook 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Volledige Engelse ontbyt word bedien saam met vars, seisoenale vrugte, ontbytgraan en jogurt. Middag- en aandete is op versoek beskikbaar. Daar is omsetters en batterye wat beurtkrag voorkom en krag aan die WiFi voorsien.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek met afstandbeheer, en daar is 24 uur-WiFi waarvoor gaste koeponne kan aanskaf. Die konferensie-venue maak voorsiening vir 40 persone, afhangend van die uitleg. Volledige konferensiepakkette is op versoek beskikbaar. Die ligging bied gerieflike toegang tot filmteaters, restaurante en winkelsentrums.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Esme C
5.0
Gemak, stilte en gerief. Ek het vreeslik lekker gebly en alles was so gerieflik en die eienaars is wonderlike mensies en so gasvry. Mens voel baie wel...
Sien meer
Apr 2025
Abraham (abri) V
Besigheidsreis
5.0
Very good value for money. Beautiful spacious room.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Divann S
Saam met vriende
5.0
Die diens was baie puik gewees en die mense baie vriendlik. Sal dit aanbeveel. Ons het baie lekker gebly, baie dankie. Baie netjies en die ontbyt was ...
Sien meer
Mrt 2024
Yolandie P
4.6
Baie lekker. Baie lekker geslaap, netjies skoon, vriendelike personeel. Sal weer terug gaan.
Mei 2024
Annette B
Saam met lewensmaat
4.4
Sal weer daar bly! Baie lekker gebly! Maaltjies is beperk tot hoender en steak! Bietjie duur! Meer variasie sou goed wees. Ontbyt baie goed.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Douglas Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 58A Devenish Street, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Gaste dink African Roots Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 58A Devenish Street, Polokwane, 0699, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc23307271a0674b2a78b7beeb2a56ff850006f80e29373ca086e048079cee0e272e1d07e84ab8c236511df920f906e4f5a3e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 58A Devenish Street Polokwane 0699 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -23.901207739014 29.468359854002

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang