Successfully reported
+36

Alikreukel b29

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 40 Kaap De Goede Hoop Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Alikreukel b29 is in Hartenbos geleë, 'n buurt in die gewilde dorp Mosselbaai. Dit is net 200 m van die strand af geleë en die eenheid bied slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Rook is verbode in die eenheid.

Alikreukel b29 beskik oor 3 slaapkamers, 2 dubbelslaapkamers onder en 1 slaapkamer bo met 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers. Die badkamer onder het 'n bad en stortgeriewe, terwyl die badkamer bo slegs ’n stort het. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe.

Daar is 'n binnebraai en die eenheid het DStv en linne. Handdoeke word nie voorsien nie.

Die woonstel is op die tweede verdieping en daar is nie 'n hysbak nie. Die kompleks het 'n swembad en buitebraai-area enn slegs gaste word toegelaat om van hierdie geriewe gebruik te maak, geen besoekers word hier toegelaa nie. Daar is 1 aangewese parkeerplek in die kompleks.

Die woonstel is net 100 m van die ATKV-speelpark met 'n binnenshuise verhitteswembad en waterglyplank af. Hartenbos se strand, Langeberg Mall, De Bakke-strand, Klein Brak-strand en Santosstrand is 5 km van die eiendom af.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Aubrey H
Gesin met tieners
5.0
Was fantasties. Baie lekker gebly, plek is netjies, maar net 'n no. 3 potjiekos pot maak.
Aug 2025
Isabella S
Saam met vriende
5.0
Heerlik gekuier, baie dankie. Die plekkie was baie netjies. Alles wat ons nodig gehad het en meer was beskikbaar. Ons sal vir seker weer van julle geb...
Sien meer
Mei 2025
Lindie M
Gesin met tieners
5.0
Heerlike, ontspanne verblyf. Pragtige plek. Alles wat jy benodig, is in die woonstel!
Mrt 2024
Deon L
Gesin met tieners
4.6
Wonderlike tyd gehad. Baie dankie. Ons het baie lekker gebly. Baie goed sentraal en stapafstand van strand, winkelsentrum, restaurante en amfiteater. ...
Sien meer
Jan 2025
Zyda P
Saam met vriende
4.6
Gesellig. Ja, ek het lekker gebly in B29. Die ervaring was puik saam met vriende.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Heloise Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 269

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 40 Kaap De Goede Hoop Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Alikreukel b29 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 350
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 350
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 40 Kaap De Goede Hoop Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA803306ba9de7ec9d362c824f4f07588429fe9010c80b25e8701648a20b53a5d4284fd85ff1003a52d0c19641e30c1651ac6a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 6 mense 52 5 1 5 40 Kaap De Goede Hoop Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.126193603723 22.115499973297

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang