Successfully reported
+31

Amorgos Place

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Amorgos Street, Skiathos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 150 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Amorgos Place is 'n selfsorghuis in Skiathos, Langebaan, 'n klein strandmeerdorpie aan die Kaapse Weskus. Langebaan is 'n maklike uur se ry vanaf Kaapstad geleë en bied 'n ideale basis vanwaar die Weskus en die oorvloed uitstekende besienswaardighede in die omgewing verken kan word. Die ligging van die eiendom is 'n hanetreetjie weg van beide die strand, Club Mykonos Resort, asook die winkelsentrum met kruidenierswinkels.

Dié drieslaapkamerhuis het slaapplek vir tot 8 mense en beskik oor 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 stapelbeddens het. Hierdie kamers deel 'n badkamer.

Die huis bestaan ook uit 'n oopplan-kombuis met Caesar-klipblaaie, 'n sitkamer en 'n eetarea. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas-kombinasie, stoof, oond en mikrogolfoond. Daar is ook 'n ontbytkroeg. Die eetarea het sitplek vir tot 6 mense, terwyl die sitkamer 'n L-vormige rusbank en slim-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale het. Daar is ook 'n binne-kaggel en 'n buitebraai-fasiliteit.

Die eenheid het onbeperkte WiFi en voorsien alle linne behalwe vir handdoeke.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Tariq I
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome. Great place to stay at.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Corrine C
Saam met vriende
5.0
Great, cozy and relaxed. Loved every second. Close to the beach. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Louisa J
Saam met vriende
5.0
Amazing. Enjoyed every moment while staying there. Will definitely do it again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Zaakirah L
Saam met vriende
5.0
Lovely and friendly. Our stay was super excellent.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Shireen S
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was baie lekker. Alles was daar wat jy nodig het en baie gerieflik. Ons het baie lekker gebly.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Tara Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 12 Amorgos Street, Skiathos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Amorgos Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 150
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 150
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 2 150
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Amorgos Street, Skiathos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc7a6f7078e0e0696c1c47889a81b04effdb2409dbe46436fb37636f957cd24a26bcb53a7b8a86962577273bfe4f9a7dbba13?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 150 per nag (plek vir 8) 66 5 1 5 12 Amorgos Street Skiathos 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.04752 18.04707

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang