Successfully reported
+58

Andelomi Nature's Rest

Gastehuis
Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 22 Sep 2025 tot 31 Okt 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Formosa Street, Stormsriver Village, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 300 R1 170 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Andelomi Nature's Rest is in die hartjie van die Tsitsikamma-woud, aan die voet van die Stormsrivierpiek in Stormsrivier geleë. Andelomi bied unieke verblyf met ’n pragtige lowergroen tuin, volop voëllewe, apies wat in die bome rondswaai, skilpad wat so nou en dan gesig wys of ’n trop bobbejane wat ’n draai maak. Dis die ideale plek vir gaste op soek na avontuur, of paartjies en gesinne wat die rustigheid van die inheemse woud wil ervaar.

Verblyf word in 7 dubbel- of 2-enkelbedkamers met berguitsigte gebied. Elke kamer het ’n gemaklike dubbelbed of 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Elke kamer het ’n waaier, verwarmer, elektriese komberse, ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis WiFi is in sekere areas op die perseel beskikbaar.

Gaste het toegang tot braaigeriewe, 'n swembad en 'n Engelse kroeg in Andelomi se welige tuin. Braaipakke kan vooraf gereël word.

Plaaslike besienswaardighede en doendinge sluit boomtoptoere, tjoepry, Segway-ritte, die Otter Trail, perdry, voëlkyk, abseil, waterval-ziplining en vele meer in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
Vervoerdienste

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Juliette O
5.0
Beste akkommodasie is Tsitsikama. Mike en sy span was baie gasvry. Uitmuntende diens, heerlike kos. Beautiful accommodation. Ons het so lekker geslaap...
Sien meer
Okt 2024
Sumarie L
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely breakfast! It was just an overnight. Rooms were wonderful. Really feels as if you are part of nature!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Gerry S
4.8
Heerlike verbly. Baie, baie lekker gebly. Ontbyt was heerlik.
Feb 2025
Megan G
Saam met lewensmaat
4.8
Rustige omgewing, baie lekker kos en drankopsies binne loopafstand. Ons het baie lekker gebly!
Okt 2024
Ludwig D
Saam met lewensmaat
4.8
Eg ergerwg ergewrgwe. N/aefre regfer fer ge.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mike Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 42

Op LekkeSlaap 16 jaar

Ligging

  • 34 Formosa Street, Stormsriver Village, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink Andelomi Nature's Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
R 1 300 R 1 170
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 300
R 1 300 R 1 170
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 300
R 1 300 R 1 170
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Formosa Street, Stormsriver Village, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAtQkfeDAqC20hcr1BMEa6fyxbtEjtx18owlO30JXiiG4K2NnRlz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R1 170 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 34 Formosa Street Stormsriver Village 6308 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.972584 23.888861

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang