Successfully reported
+39

Angels Mist Guest House

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Kruger Street, Kaapsehoop, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Angels Mist Guest House is in die skilderagtige dorpie Kaapsehoop geleë. Dit het asemrowende natuurskoon en is die perfekte bestemming vir voetslaan, bergfietsry, voëlkyk of enigiets wat die harte van natuurliefhebbers roer.

Verblyf is beskikbaar in 11 en suite-gastekamers, elk met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste het ook toegang tot 'n TV-kamer, speletjieskamer en 'n eetarea. Op die boonste vloer is 'n knus kroeg en kaggel vir daardie koue aande. Die uitkykdek is ook aan die bokant geleë. Van hier af het jy 'n 360 grade oor die dorp en omliggende landskap.

Die gastehuis is perfek geleë by die ingang van die dorp met 2 restaurante binne stapafstand. Die rand van die platorand is naby en bied die mooiste uitsigte denkbaar. Daar is ook 'n klein waterval met sy pragtige kloof en inheemse woud reg op die gastehuis se drumpel. Kaapsehoop is ook die tuiste van sy bekende wilde perde wat feitlik elke dag deur die strate rondloop. Die eienaar van die gastehuis kan avontuurfietsryers op begeleide toere in die area neem aangesien daar 'n paar geheime plekke is wat plaaslike kennis vereis.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 94 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Linique V
Besigheidsreis
5.0
Serene environment. I had a lovely stay. The host was very friendly and helpful. Breakfast was delicious.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Rene S
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gebly, ligging was perfek en ontbyt was ook smaaklik. Heerlik gebly. Gasheer en personeel is baie vriendelik en ontbyt was heerlik.
Mrt 2025
Lizanne D
5.0
Angel's Mist gee 'n mens 'n welkom-by-die-huis gevoel. Netjies & 'n sakpas-prys! Angel's Mist is 'n lieflike gastehuis in die sprokiesmooie Kaapsehoop...
Sien meer
Feb 2025
Francois K
5.0
Gasheer baie behulpsaam met alles, en Ester met die ontbyt was eersteklas, 5 etes. Baie lekker, eersteklas.
Des 2024
Karen L
Saam met vriende
5.0
Heerlik, kan dit definitief aanbeveel. Dit was 'n heerlike naweek. Baie dankie aan Abri vir al sy moeite. Heerlik gebly en heerlik geëet. Kom beslis w...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Abrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 94

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • 3 Kruger Street, Kaapsehoop, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Angels Mist Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Kruger Street, Kaapsehoop, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJmMjk3YjkxLWY3OGMtNDhlZS05ODM4LWY0ODUwOWJjYTVkYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 94 5 1 5 3 Kruger Street Kaapsehoop 1200 Mpumalanga 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -25.593622200087 30.765567719936

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang