Successfully reported

Apartment 001 @ Tyne Luxury Apartments

Selfsorg

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
5.0
Telri S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Mei 2025

Pragtige uitsig oor die see en mooi moderne eenheid. Die akkommodasie was baie skoon en netjies. Die uitkyk oor die see was net wonderlik en elke oggend se sonsopkoms was pragtig. Ons het die akkommodasie vir 4 redes gekies: 1. skoon (no fuss en frills) en moderne interieur, 2. uitsig oor die see, 3. braai, 4. swembad. Ongelukkig is daar nie 'n braai vir die eenheid nie, daar is een gemeenskaplike gasbraai naby die swembad, wat gesluit is en ook langs 'n rusbank staan. En die swembad self is nie baie privaat nie, daar is baie hoë geboue rondom, wat uitkyk op die swembad. Dis wel 'n baie mooi swembad. Positiewe punte was die wasmasjien en droër, wat baie handig was, die WiFi was uitstekend vinnig, daar is aircon in die slaapkamer, die eenheid se ligging is great vir rus en naby baie restaurante. Om wel die oond en afzuigwaaier te gebruik, kort daar instruksies, dit is nie moontlik om self uit te figure nie. Op die oomblik is daar konstruksiewerk wat voor die gebou gebeur en die ligte van die hyskraan skyn baie helder in die nag. Hierdie spesifieke eenheid sit reg bo die sekuriteitskantoor en ingang vir die gebou en in die nag kan jy die sekuriteitsmense baie duidelik hoor praat. Die stoep is baie groot en sal wonderlik wees om daar te kon braai. Nog een negatiewe punt is die verskeie dubbel laan verkeerssirkels om by die akkommodasie uit te kom, dit maak rondry moeilik. Daar is ook nie 'n direkte straat na die see/strand toe nie. Daar is baie parkeering beskikbaar en 'n hysbak! Dis net moeilik om in en uit die gebou te kom, want jy moet elke keer met sekuriteit praat, 'n pin gee asook jou lisensie scan (elke liewe keer) so dit maak kom en gaan moeilik, maar darem weet jy jy is baie veilig. Ons sal definitief weer hier wil bly en uitkyk oor die see.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Leandri Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Kikembe Street, Tyne, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9814c6e76455502305c787b22abc02e456dd09870d0afd8beeff1dadb7e3a1647f1a9b740c197a95b8a60c6cdc08af3fed1d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 5 Kikembe Street Tyne 4319 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.731781 31.069839

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang