Successfully reported
+76

Arniston Spa Hotel

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 124 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 1 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Arniston Spa Hotel is in Arniston, net 2 ure se ry van Kaapstad af op 'n pad wat deur die pragtige, golwende heuwels van die Overberg loop. Die hotel is in een van die Kaap se mooiste liggings, langs 'n ou vissersdorpie geleë en is omring deur ongerepte strande en natuurreservate.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer, 'n TV met DStv, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige kamers het 'n lieflike kaggel of 'n privaat balkon. Al die kamers is ruim en het 'n uitsig oor die see of die swembad.

Die hotel is omring deur 'n oorvloed seelewe en jy is verseker van smullekker oesters en die varsste vis van plaaslike vissermanne. Ons gesofistikeerde spyskaart kombineer tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns met moderne uitvindsels van bekende kokke. Jou kookkunsbederfies word afgerond met 'n lys bekroonde wyne waarvan baie plaaslik is. Ons bied 'n ontbyt-buffet wat bestaan uit 'n liplekker verskeidenheid tradisionele en gesonde kos.

Die hotel bied verskeie geriewe wat 'n swembad buite, 'n kinderklub, tafeltennis, restaurant en 'n dameskroeg insluit. Die bekende Ginkgo Spa het 4 pragtige behandelingskamers, 'n rustige ontspanningskamer en saunas. Al die vertrekke is gerieflik ingerig sodat jy jou batterye kan herlaai. Die Dubbelbehandelingskamer is ideaal vir paartjies om saam gepamperlang te word. Die Rasul, 'n detoksifiserende Turkse stoomritueel, dra verder by tot die ongelooflike bederf wat hierdie plek bied.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 243 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Cari V
Saam met lewensmaat
5.0
Sprokies, lieflik en definitief die moeite werd. Ons het elke oomlik geniet by die hotel! Die kamers is prentjiemooi, die staf is vriendelik! Aandete ...
Sien meer
Okt 2025
Amanda S
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing and warm. The place was neat and we had enough coffee and tea for the night. We were also spoiled with a chocolate on our pill...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Steyn O
Saam met lewensmaat
5.0
Puik vriendelike diens, ongelooflike ligging. Ongelooflik lekker gebly, pragtige ligging.
Okt 2025
Karen L
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike verblyf, vriendelike personeel, skoon hotel en ’n pragtige dorpie. Ons verblyf by Arniston Hotel was heerlik. Die personeel was besonder vrie...
Sien meer
Sep 2025
Elsa B
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Absoluut heerlik! Uitstekende diens, dankie!
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Leane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 243

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 1 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Arniston Spa Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 590
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 590
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 124 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 1 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf497a0d3b5eb86b7c3311f3e3ca7bdf5b43396e115ed89d349ec0ed5180cb3160177571da458180b823f5c1ac7724f9310fe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense 243 5 1 5 1 Beach Road Arniston 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -34.667448145894 20.23158878088
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang