Arotin Game Lodge
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vir verblyf vanaf 17 Sep 2025 tot 29 Nov 2025.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Section 10 Of the farm Krokodilpoort, 418 JQ, Brits, 0250, Noordwes
-
Vanaf
R1 400R934 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Arotin Game Lodge het nog 'n boskamp gestig, hierdie keer in die Noordwes Provinsie. Ons is diep in die bos geleë, tussen die berge en ons spog met 'n oorvloed plant- en dierlewe. Daar is meer as 10 soorte wildsbokke en ons bied 'n pragtige omgewing vir natuurliefhebbers en voëlkykers. Ons het ook 'n saal wat ideaal is vir troues. Dit kyk oor die hooflodge en dam uit en word omring deur inheemse bome.
Ons het 5 selfsorg-eenhede wat beskik oor 'n dubbelbed, 'n badkamer, 'n sitarea en 'n kombuis. Daar is 'n ten volle toegeruste plaasstyl-kombuis naby die lapa waar jy saam met mede gaste en vriende kan kuier.
Ons grens aan die Krokodilrivier en spog met 'n oorvloed plant- en dierlewe. Daar is meer as 10 soorte wildsbokke, insluitend die swartwitpens en die goue wildebees. Daar is ook oor die 100 verskillende inheemse bome, wat die ideale omgewing skep vir natuurliefhebbers en voëlkykers.
Ons bied gratis wildritte aan gaste, in die reservaat en in die berge. Die uur lange rit sluit ook 'n besoek aan die kamp in waar die swartwitpense geteel word. Dit is definitief 'n moet sien en gaste moenie hul kameras vergeet nie! Die rit kos R50 per volwassene. Kinders gaan verniet saam.
Ander doendinge sluit staproetes, baarshengel, pyl-en-boog-skiet en 'n swembad in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hesmarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 28
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Section 10 Of the farm Krokodilpoort, 418 JQ, Brits, 0250, Noordwes
- Gaste dink Arotin Game Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Section 10 Of the farm Krokodilpoort, 418 JQ, Brits, 0250, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang