Avenues Guest Lodge
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 32 The Avenue, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 440 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Avenues Guest Lodge is 'n lieflike, gerestoureerde huis in die hartjie van Stellenbosch wat by die eeuwisseling gebou is. Gaste kan hierdie studentedorpie vol museums, kunsgalerye, winkeltjies en historiese geboue verken.
Die lodge bied 8 elegante en suite-kamers met 'n keuse tussen enkel-, dubbel- of koningingrootte-beddens. Elke kamer is toegerus met 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Smullekker ontbyt word soggens in die sonnetjie op die patio bedien of in die eetkamerarea as die weer nie wil saamspeel nie. Gaste kan langs die swembad ontspan of nuus of sport in die TV-kamer kyk.
Stellenbosch is die ideale basis vanwaar die nabygeleë dorpies soos Franschhoek, Gordonsbaai, Hermanus en die Paarl verken kan word. Verder kan gaste daguitstappies na Tulbagh, Wellington, Ceres of Langebaan onderneem met 'n watertand-piekniekmandjie en plaaslike wyne. Daar is verskeie restaurante binne stapafstand met heerlike kos of as jy lus is vir 'n glasie wyn kan jy een van die bekroonde wynplase in die omgewing besoek. Avenues is ook naby aan die Universiteit se sportgronde en verskeie gesondheidsentrums.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Bernice Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 32 The Avenue, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Avenues Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 32 The Avenue, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang