Bag End Cottage @ Rivendell Trout Estate
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Jul 2025 tot 4 Des 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R36, Rivendell Trout Estate, Finsbury Valley, 1120, Mpumalanga
-
Vanaf
R6 900R6 210 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Bag End Cottage @ Rivendell Trout Estate is 'n lieflike selfsorgkothuis tussen ander eenhede op die oewer van die Spekboomrivier op die Rivendell Trout Estate, in die Mount Anderson Water Opvanggebied. Dit is 'n groot bewarea van duisende hektaar met 'n rits wildspesies, insluitend koedoes, bosbokke, duikers, bosvarke en bobbejane, wat vrylik deur die reservaat beweeg. Gaste sien dikwels hierdie diere rustig wei terwyl hulle forelvang.
Die kothuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers het elk 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel.
Die kothuis lei na 'n stoep met buitemeubels en 'n dek met hout- en gasbraaigeriewe en 'n uitsig oor die forelpoele in die rivier.
Die kothuis is op pad na die Krugerwildtuin geleë en is sentraal vir daguitstappies na Dullstroom, die Bourke's Luck-klokgate, die Sudwalagrotte en Pelgrimsrus geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Grant Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 80
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R36, Rivendell Trout Estate, Finsbury Valley, 1120, Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R36, Rivendell Trout Estate, Finsbury Valley, 1120, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang