Bay Break
-
Kapasiteit: 5 persone
3 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 23 5th Avenue, Mossel bay, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Bay Break is 'n lieflike selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang wat aan die eienaar se hoofhuis in Mosselbaai grens. Die woonstel is 1 km vanaf Santosstrand en 2 km vanaf die middedorp geleë, wat dit ideaal vir 'n klein gesin maak. Die woonstel spog met 'n pragtige uitsig oor die hawe.
Die knus woonstel gebruik sonkrag en bied slaapplek aan 3 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n enkelbed, 'n klerekas en 'n plafonwaaier. Die aparte badkamer het 'n bad en 'n stort. Gehaltelinne en -badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 5 en 'n sitarea met 'n binnebraai, gemaklike rusbanke, 'n dubbelslaapbank vir kinders en 'n slim-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Buite is daar 'n privaat tuin met 'n buitebraai en 'n kouewater-buitestort. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Madeleine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 23 5th Avenue, Mossel bay, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Bay Break het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 5 persone
3 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 23 5th Avenue, Mossel bay, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang