Beach Castle
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 73 Waterkant street, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Beach Castle bied 2 selfsorg-eenhede in Stilbaai, net 'n hanetreetjie van die strand en riviermond af. Die klein kusdorpie lê net langs die N2 tussen Mosselbaai en Riversdal, op 'n riviermonding waar die Goukourivier die Indiese Oseaan ontmoet.
Albei eenhede het slaapplek vir 4 volwassenes, en 2 ekstra kinders kan in elke eenheid op slaapbanke geakkommodeer word. Die luukse eenheid het 2 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n oopplan-leefarea met 'n slaapbank en kombuis. Die gesinseenheid het 1 hoofslaapkamer met 'n badkamer, 'n solderarea met 2 enkelbeddens, 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis. Albei eenhede het asemrowende uitsigte oor die riviermond en see.
Stilbaai geniet 'n besoedelingsvrye, veilige en rustige omgewing met lang stukke sandstrand, 'n gematigde klimaat en 'n rivier wat vir sowat 15 km bevaarbaar is. Die dorp lê langs die oewer van die Goukourivier, met 'n manjifieke riviermonding en veilige strande weerskante van die riviermond. Die dorpie is dus baie aantreklik vir besoekers wat op soek is na veilige bad, hengel, seilplankry, vlieërbranderplankry, seil, kanovaart en ander wateraktiwiteite. Stilbaai het 'n ryk seelewe in die riviermonding en 'n merkwaardige groot verskeidenheid voëllewe word gelok deur die oorvloed van inheemse fauna en flora in die area.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Cobus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 123
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 73 Waterkant street, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach Castle het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 73 Waterkant street, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang