Beach Club 504
- Kapasiteit: 6 persone
 - Alle ouderdomme is welkom
 - 
            
            
                Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach East Boulevard Die Voor Bay, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
 - Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
 
Beskrywing
            Beach Club 504 is 'n kontemporêre selfsorgwoonstel met praguitsigte in die Beach Club-kompleks in Mosselbaai en is net 100 m vanaf Diaz Strand af.
Die woonstel is geskik vir 6 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en nog 2 ekstra uittrek-beddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 2 yskaste, 'n oond, stoof, mikrogolfoond, Nespresso-masjien, ysmasjien, wasmasjien, tuimeldroër en skottegoedwasser toegerus. Die leefarea het 'n viersitplek-etenstafel en 2 uittrekdagbeddens voor die platskerm-TV met DStv.
Die leefarea lei na 'n groot stoep glasdeure en asemrowende uitsigte. Daar is ook gasbraaigeriewe.
Verder kan gaste in die swembad op die perseel baljaar, op die groot grasperk kuier en die braaigeriewe benut. Die kompleks bied ook privaat toegang na die strand. 
Die kompleks is naby Diaz Waterpark, Hartenbos, Langeberg-winkelsentrum, Santos-strand, Mosselbaai en Diaz-museum. Die naaste lughawe is 39 km ver.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Ekstra enkelmatras
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Zelda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 14
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Beach East Boulevard Die Voor Bay, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
 - Gaste dink Beach Club 504 het ’n uitstekende ligging
 
- Kapasiteit: 6 persone
 - Alle ouderdomme is welkom
 - 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach East Boulevard Die Voor Bay, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
 
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang