Beachside Dream Maker
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine Drive, Unit 16 Summerseas, Gqeberha, 6001, Oos-Kaap
- Vanaf R1 192 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Beachside Dream Maker is 'n selfsorgeenheid in Gqeberha (Port Elizabeth). Die eenheid spog met 'n uitsig oor die tuin en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n privaat wegbreek.
Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Daar is ook 'n stoep met sitplek en losstaande braaigeriewe, en die stoep lei na die gemeenskaplike tuin. Parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en direkte toegang tot die strand vanaf die kompleks. Aktiwiteite in die omgewing sluit Addo-olifantpark, bootritte en staptoere in. Daar is ook 'n rits koffiewinkels en restaurante om te besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Jill Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 19
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Marine Drive, Unit 16 Summerseas, Gqeberha, 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Beachside Dream Maker het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine Drive, Unit 16 Summerseas, Gqeberha, 6001, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang