Successfully reported
+25

Bella Casetta @ Village-Living

Spesiale Aanbod 25% af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 30 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 144 Gamtoos Street, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 R1 650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bella Casetta @ Village-Living is 'n bekoorlike kothuis in Koringberg in die hartjie van Swartland en is ideaal vir 'n romantiese wegbreek weg van die stadsliggies.

Die oopplan-kothuis het slaapplek vir 2 gaste en is smaakvol gemeubileer met 'n koninggrootte-bed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Vars linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n 4-plaat gasstoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook sitplek waar gaste hul maaltye kan geniet. Die eenheid het 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke en beskik oor 'n groot binnebraai-area en 'n houtkaggel vir die kouer winterdae. Daar is ook voldoende lugversorging vir die warmer somersdae. Gratis WiFi is regdeur die eenheid vir gaste beskikbaar.

Die hele kothuis bestaan uit sekuriteitsblindings en stapeldeure wat kan oopskuif en dit loop uit op 'n lieflike stoep met 'n Kolkol borrelbad en 'n heerlike groot grasperk met die mooiste koringlande as uitsig. Die kothuis het 'n alarmstelsel en sonkrag.

Hierdie omheinde eiendom bied veilige parkeerplek op die perseel, en is ideaal vir die viervoetige kinders om saam te kom ontspan.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lynn T
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful views, beautifully decorated accommodation and. We absolutely loved our stay at Bella Casetta and would recommend it to anyon...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Chantal M
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspannend, rustig, nodig vir niks. Ons het so lekker gebly met ons vierpoot kinders. Ons het heerlik ontspan. Sal dit aanbeveel vir enige enkel pers...
Sien meer
Mrt 2025
Kaylee K
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic! Peaceful, rejuvenating. Lovely! Our host was so lovely and amazing!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Wendy-Lynn W
Saam met lewensmaat
5.0
Great place to reflect, unwind and recharge. We had a wonderful time to relax and unwind. The cottage was top notch and had all we need...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Verencia C
Saam met lewensmaat
5.0
Very peaceful and relaxing. Fantastic stay, warm, clean and welcoming. The freshly baked muffins and red wine were lovely, a home away ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Ennerien Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 80

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 144 Gamtoos Street, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bella Casetta @ Village-Living het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 650
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 650
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 144 Gamtoos Street, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3bdd7d03a7acb9496e26bd00f54d8719c826e6ed51c794bd74c6765e329d545b82201ed634dadcfe14bdbfab0fe1ab8e4995?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 200 nouVanaf R1 650 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 144 Gamtoos Street Koringberg 7312 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.018564003745 18.68210778026
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang