Successfully reported
+32

Bella Protea

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2nd Avenue, Unit 1032 Bella Mare, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Bella Protea is 'n sjiek selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Somerstrand, Port Elizabeth (Gqeberha). Dit is die ideale keuse vir 'n wegbreek saam met familie of vriende.

Dié elegante woonstel het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n enkelslaapbank. Gaste in die tweede en derde slaapkamer deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Vars linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea spog met 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, lugbraaier, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Die leefarea beskik oor 'n sentrale etenstafel met sitplek vir 4 waar gaste saam maaltye kan geniet, en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix, Disney+ en die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Skuifdeure lei na 'n balkon waar gaste die vars seebriesie kan geniet. Die kompleks bied gemeenskaplike geriewe, insluitend 'n swembad, braaigeriewe, 'n gimnasium op die perseel en 'n klubhuis. Veilige parkeerplek word binne die kompleks voorsien.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
DStv
Braai

Ligging

  • 2nd Avenue, Unit 1032 Bella Mare, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2nd Avenue, Unit 1032 Bella Mare, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfba921ec7817f6916c25bf937567da73a1cc5de59752a30152b725ee189bb0e2dc7d9af5ea3b87573d90937c6a09c10af994?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5) 2nd Avenue Unit 1032 Bella Mare 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.985914845042 25.656005118524

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang