Bella Rosa Guest House
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Bloem Street, Ficksburg, 9730, Vrystaat
- Vanaf R780 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bella Rosa Guest House is in die hartjie van Ficksburg geleë en bied ideale oornagverblyf vir reisigers op die langpad, sakereisigers of vakansiegangers. Dié gerieflike, plattelandse huis is 'n baie gerieflike oornagplek. Kom ontspan onder die lieflike eikeboom of wandel deur Ficksburg en bekyk die pragtige sandsteengeboue. Gaan kyk na rotstekeninge of gaan op 'n perderit in die omgewing. Geniet die groot tuine en stil, plattelandse atmosfeer.
Die 12 en suite-kamers is elkeen smaakvol en uniek ingerig met pragtige antiekware en versamelaarsitems. Die kamers is luuks en ruim met en suite-badkamers wat ingerig is met 'n stort en/of bad. Die geriewe is keurig ingerig. Daar is gehalte matrasse en beddegoed, 'n TV met OpenView, telefone, koffie- en teemaakgeriewe, hoëspoed-internet en vele meer. Dié geriewe saam met ons vriendelike, gasvrye diens sal aan al jou behoeftes voorsien en gemaklike verblyf verseker.
Beplan jou wegbreek met Bella Rosa as jou basis vir die verkenning van die bergreekse van Lesotho, die Katsedam, Mahlasela se skibane, die Kersiefees, die bloeisels en vrugte in seisoen, aspersieplaas en die vars aspersies gedurende die seisoen in Ficksburg en die omgewing.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Marianne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 48
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 21 Bloem Street, Ficksburg, 9730, Vrystaat
- Gaste dink Bella Rosa Guest House het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Bloem Street, Ficksburg, 9730, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang