Successfully reported

Berghoff Erica Cottage

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Olaf V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Presies waarvoor ons gehoop het. Die stilte was hemels. Vergesig majesties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Olaf, baie dankie vir die resensie. Ons kan net saamstem met jou sentimente! Groete, Marius & Margot

Jenn T
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2025

Perfect weekend getaway in winter. This was our third visit to Berghoff and we will go back again! The location is perfect and the host is lovely. The fireplace is great on a winter's evening.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Jenn, thanks for the review! Yes, Erica is special to us too. Margot and I stayed there for 14 months when we first moved to the farm, as her parents were still in the main house. We experienced all four seasons and made good use of the fireplace! Regarding the lovely host - all I can say is I chose well! Regards, Marius

Lasya B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Heerlik gerus, gekuier en die pragtige, ongerepte natuur geniet. Ons het heerlik gebly in Berghoff. Die huisie is ruim, goed toegerus, super skoon en netjies. Die mooiste uitsig en pragtige natuurskoon omring mens en die helder sterrekoepel in die aand is 'n gesig om te onthou. Ons het ver ente gestap met ons hondjies en die veld was oortrek met die mooiste blommetjies en plantegroei. Die rotsformasies wat deel vorm van die majestieuse Winterhoekberge het ons verbeelding aangegryp. Berghoff is 'n juweel en ons het dit baie geniet. Baie dankie aan Margot, Marius en span. Julle plaas het ons liries.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Lasya, baie dankie vir die mooi resensie! Ek moet bieg my verbeelding loop op hol wanneer ons die rotse bekyk. Ek dink soms dis waar die "Lord of the Rings" vervaardigers hulle idees kom haal het vir hulle kreature! Julle is enige tyd welkom om weer te kom kuier. Groete, Marius

Amanda M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2023

Die mooiste uitsig van berge en proteas. Ek sal weer Berghof wil besoek. Ons het die Vrydagaand daar aangekom en dit was baie koud. Ek het baie gesukkel om die kaggel aan die gang te kry sonder vuuraanstekers. Nadat ek vir die eienaar, Marius, 'n WhatsApp gestuur het om vir ons asb. daarmee te voorsien (met die gedagte dat dit eers die Saterdagoggend sal wees), het hy dadelik gekom en dit vir ons gebring en met 'n bottel rooiwyn as geskenk. Ons het die staproetes as gesin baie geniet. Ek kan Berghoff sterk aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Amanda, baie dankie vir die positiewe resensie. Ons het geglip met die vuuraanstekers, wat ons altyd verskaf, so ek het net reggemaak wat ons verbrou het! Ons is bly julle het goeie weer gehad en die Catamount staproete kon doen met die kinders. Nou kort hulle net 'n somer besoek om in die dam te gaan baljaar! Groete, Marius

Pauline G
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Sep 2023

Beautiful venue and cottage well-supplied for all our needs. Superb communication and information supplied by our hosts. Close access to Groot Winterhoek Nature Reserve.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Pauline, we're glad you enjoyed yourselves and that the weather played along in one of our wettest and coldest winters in the past 15 years. Welcome back any time! Regards, Marius

Melri T
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2022

'n Ware wegbreek. Ons het so lekker gebly in die middel van die bergreekste, die stilte is medisyne vir die siel. Die plaas word so mooi na gekyk en Marius is baie verwelkomend. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Melri, ek kon sien julle pas in by hierdie omgewing, en dankie dat julle die plek so skoon agtergelaat het! Sien julle in November. Groete, Marius

Labuschagne C
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2022

Wonderlik. 'n Moet vir enige gesin wat 'n breek van gejaagde lewe soek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Ernst, dankie vir die resensie. Van ons eie gesin se lekkerste vakansies hier gehou toe die seuns nog op skool was! Groete, Marius

Kirsten W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2022

Fantastic mountain get away with stunning walk to the waterfall. Loved our stay. The view was breathtaking with lots of fynbos and flowers.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Kirsten, thank you for the lovely review, and we're glad you got to do the Catamount waterfall route. It amazes me how many guests don't bother and miss out on a piece of pristine mountain. You're always welcome back. Regards, Margot.

Rian S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2021

Rustig en pragtige plek om af te skakel en weg te kom van die stad. Ons kom beslis weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Rian, ons is bly julle het dit geniet. Enige tyd weer welkom. Groete, Marius & Margot

Lambert O
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Jun 2021

Dit is 'n fantastiese ligging. Ons het die kuier ontsettend geniet. Die uitsig na die vallei is asemrowend. Die stilte is iets om te beleef. Ons 4 (2 kinders) het lekker gaan stap en die kinders het gespeel en gespeel. Die huisie is baie goed toegerus. Baie dankie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Lambert, baie dankie vir die positiewe resensie, en ons is bly julle het dit geniet. Julle moet volgende keer (somertyd) in een van die ander huise bly sodat die kinders die dam kan benut - bote, swem en klei vir latgooi en modelle bou! Die uitsig daardie kant is Keeromvallei en Kouebokkeveldberge se kant toe.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

MARIUS Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 35

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
R 2 730
per nag, vir 7 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 730
per nag, vir 7 mense
Vanaf
R 2 730
per nag, vir 7 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berghoff Farm, Porterville, 6810, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7aaeb854c4579c02869c2f5deb50a0b5d2d4fb660621bf7245d8fb0509c1c07c5d268067e80299a13be474f380b04ad1adb6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 730 per nag, vir 7 mense 35 5 1 5 Berghoff Farm Porterville 6810 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.963881805368 19.049317521363
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang