Successfully reported
+53

Bergplaas Nature Reserve

Selfsorg
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bergplaas Nature Reserve, Sneeuberge, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bergplaas Natuurreservaat is 'n privaat natuurreservaat van 7000 hektaar wat in die Nieu-Bethesda en Graaff-Reinet-streek van die Groot-Karoo geleë is. Dié omgewing is bekend vir die ruwe prag en oop ruimtes en Bergplaas is ook ten volle onafhanklik van die tradisionele krag- en waternetwerk. Dis die ideale wegbreek van die stadslewe en 'n plek om in die natuur te ontspan.

Verblyf is beskikbaar in 'n selfsorg-gastehuis met 6 kamers en slaapplek vir 12 gaste altesaam. Dit word net aan 1 groep op 'n slag verhuur. Daar is ook 'n knus eenslaapkamer-selfsorgkothuis wat nog slaapplek bied vir 3 mense. Die gastehuis en kothuis het elkeen hul eie kombuisgeriewe, eet- en leefareas.

Bergplaas word bewoon deur ongeveer 900 groot soogdiere insluitend elande, koedoes, rooihartebeeste, vlaktesebras, springbokke en swartwildebeeste. Ongeveer 25 kleiner soogdiere is ook al in die omgewing gewaar en dit sluit klein karnivore soos die rooikatte, rooijakkals, kleinkolmuskeljaatkat, bakoorjakkals, groototter en die kleingrysmuishond en watermuishond in. Daar is ook ongeveer 133 voëlspesies wat dié streek hul tuiste noem en dit sluit die sekretarisvoël, bloukraansvoël, witkruisvleivalk en edelvalk in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Wayne & Cindy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Bergplaas Nature Reserve, Sneeuberge, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Bergplaas Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bergplaas Nature Reserve, Sneeuberge, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0681af344e9971601f24c1a85c42f87b4eac834dd6dca63d083896ecca94c23d6fcbc0d24327e512578c681c557c61d0a913?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 Bergplaas Nature Reserve Sneeuberge 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -31.743562 24.738252
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang