Successfully reported
+14

Bergsig B&B

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 49 Stander Street, Bergsig, George, 6529, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bergsig B&B is sentraal geleë in George en het sonkrag wat die meeste ligte en elektriese toestelle aanhou tydens beurtkrag. Die gastehuis is naby die lughawe, verskeie gholfbane, strande, restaurante, die Garden Route Mall, die middedorp, konferensiesentrums en die omliggende dorpe op die Tuinroete.

Daar is 3 kamers op die eerste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n privaat, aparte badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer langsaan met 'n stort, toilet en wasbak. Kamer 1 en 3 het elk 'n balkon met 'n pragtige uitsig.

Die vierde kamer is op die grondverdieping. Dit het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n klein kombuisarea in die kamer.

Kamers 1 en 2 kan ook saam as 'n selfsorg-eenheid bespreek word en kan die derde en/of vierde kamer ook bygevoeg word en op 'n selfsorgbasis.

Al die slaapkamers het 'n TV met Netflix, WiFi, 'n muurverwarmer, plafonwaaier, linne en badhanddoeke.

Die gemeenskaplike kombuis en sitkamer op die grondverdieping is ten volle toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n TV met Netflix.

Die gastehuis het veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Openbare vervoer naby

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lorraine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 49 Stander Street, Bergsig, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bergsig B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 050
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 050
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 49 Stander Street, Bergsig, George, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmIBM3aiMunRyuqiPlgqNDcYYnz2lY56RfgG5WbqCMuVuuKsCuZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 49 Stander Street Bergsig 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.959738331205 22.485469548603
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang