Successfully reported

Biesieslaagte Guest Farm

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Marnette V
1 nag
5.0
Okt 2025

Pure plaas. Nostalgie!, van melktert (aandete en ontbyt) tot plaasbotter! Produkte sal soos soetkoek verkoop, as ons dit net aanlyn kon bestel. Die hele span kom kuier weer! Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ilani J
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2025

Pragtig plekkie in die Karoo. Biesieslaagte is 'n pragtige huis. Ons was bederf met die heerlikste melktert wat ons ingewag het na 'n lang dag op die pad. Sal beslis weer daar stop en dan 2 aande oorslaap. Een aand is nie genoeg nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Melanie B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Hierdie was loshande ons beste Karoo trip ooit. Die Hardemanskaroo het deur Biesieslaagte reguit in ons hart geklim. Als hier voel ontsaglik - die oopte, die veld en die fauna, die oneindige blou lug, die pikdonker nagte met sterre soos ons dit nog nooit voorheen kon sien nie. Die plaashuis is toegerus met baie van als. Dit is uiters keurig en sensitief gedoen. Die leesstof oor die area was fantasties. Michael de Jongh se boek oor die Karretjiemense van die Groot Karoo het my perspektief vir altyd verdiep oor die geskiedenis van die area, so ook die boek oor die Korbeelhuisies van die wêreld. Dit is outentiek plaas, maar ook so mooi ingerig, mens voel onmiddellik tegelyk tuis en bederf. Ons kon ons oë nie glo toe ons instap nie - ons reis gereeld in die Karoo waar mense uiters gasvry is. Ons is egter uitgeboul want ons was nog nooit so gul ontvang nie! Hoeveel kos het vir ons gewag - lamstjops, wors, eiers, roosterkoek met botter en appelkooskonfyt, asook wyn, bier en melktert! Dit was 'n fees om 'n yskoue bier te kon drink toe ons daar aankom! Die binnebraai en lapa met sy tradisionele bossiesbeskutting is beide voortreflik. Ons beplan reeds ons volgende wegbreek Biesieslaagte toe - volgende keer bly ons veel langer as 3 nagte. Ontsettend baie dankie vir 'n trip van 'n leeftyd en dat julle die grootsheid van die area deel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anel J
1 nag
5.0
Jul 2025

Idillies en onbeskryflik mooi. Dit was 'n onvergeetlike ervaring om in daai mooi huis met sulke pragtige natuurskoon te bly. Die pragtige Karoo-vlaktes slaan mens se asem weg daar op Biesieslaagte en dan stap jy in daai huis in en elke hoekie hou 'n verrassing wat al jou sintuie aanwakker, die reuke, geure, prag en stilte laat die kommer wegsmelt. Die Melkter en vars broodjies en konfyt en botter wat mens inwag was so hartlik en smaaklik dat ons op die einde als van dit staan en opeet het en skoon nie gebraai het nie. Daar was braaihout vir ons reg gesit en die buitenste braai langs die plaasdammetjie is baie romanties. Oom Andries het kom inloer en is regtig 'n lekker mens wie se gasvryheid en liefde vir Carnarvon uit hom straal. Dis 'n mooi dorp met mooi mense. Die sterreruim was besonders en daai beddens was soos om op wolkies te slaap, ek wou hulle sommer op die dak vasmaak en saamneem. Ek en meer van my familie gaan definitief in die toekoms 'n draai kom maak en dan baie langer kuier, want op Biesieslaagte voel mens net tuis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Emmelyn V
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2025

Wonderful, heartwarming stay. We had the most wonderful stay at Biesieslaagte and were truly blown away by its charm. The house is absolutely beautiful—quaint and full of character, with crooked walls that speak to its age and authenticity. It’s a rare gem that stays true to its original style, and you can feel the love and care that’s gone into preserving it. The interior was stunning—thoughtfully decorated with so much attention to detail that it felt both homely and special. Every corner told a story. The beds were lovely and comfortable, making for a restful night's sleep in the peaceful Karoo surroundings. It was one of those places that makes you slow down, breathe deeply, and just enjoy the moment. Highly recommended if you're looking for something truly special and full of soul.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marinda K
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2025

Karoogasvryheid op sy beste. Uitsonderlike aangename verblyf met baie spesiale Karoo gasvryheid. Aandag aan fyn detail met vars blomme, mint en roosmaryn en olyftakkie. Heerlike melktert en broodjie met aankoms.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Yolandi K
1 nag Gesin met tieners
5.0
Mrt 2025

Netjiese en lekker verblyf. Karoo mense is gasvry! Bitter lekker gebly. Wat 'n aangename ervaring, soveel verrassings, melktert, varsgebakte brood, botter en konfyt. So netjies en alles lekker. Sal dit aanbeveel vir almal.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Maretha R
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Julle sien ons beslis weer! Heerlike ervaring gewees!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ilze V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Fantastiese plek, baie skoon, smaakvol en ruik baie lekker. Die plek is perfek, dit is verwelkomend en dit ruik so lekker, dit is smaakvol gemeubileerd en ons is bederf met tuisgebakte brood en konfyt, eiers, beskuit en 'n melktert in die yskas. Wat 'n wonderlike ervaring.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ralf S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Beste plaasverblyf wat ons nog ervaar het met egte Karoo skoonheid! Wonderlik en onvergeetlik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Juan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 57

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
R 2 600
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 600
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Biesieslaagte Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c8385cc303e3dd4f1624d568c2e2300bf53eabd013b6dd99ce9c94596430bf45d50981905445ad666a60ba41363f5134a5e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag, vir 8 mense 57 5 1 5 Biesieslaagte Farm Carnarvon 8925 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.044960277963 21.89326047237
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang