Birdsong Cottage
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2025 tot 31 Des 2025.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Kerk Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 500R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Birdsong Cottage is in die skouspelagtige tuine van 'n eeu-oue perseel. Dit is 'n pragtige selfsorgkothuis met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in die hartjie van Swellendam. Dit is die ideale opsie vir 'n paartjie wat die historiese dorp wil verken.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Gehaltelinne, badhanddoeke en seep word voorsien, maar gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die knus leefarea beskik oor 'n kombuisie wat met 'n lugbraaier, yskassie, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Dié area het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met stroomdienste. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n lowergroen tuin waar gaste met 'n boek kan ontspan of 'n oggendkoffie kan geniet. Die perseel het ook 'n uitnodigende swembad vir gaste om op daardie warm somersdae af te koel. Die verblyf is stapafstand vanaf gewilde besienswaardighede en bied die perfekte basis vanwaar gaste die dorp kan verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Colin Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- 14 Kerk Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Gaste dink Birdsong Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Kerk Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang