Blue Dawn
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eersterivier Road, Skuitbaai, Oubosrand, 6303, Oos-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Blue Dawn is 'n luukse gastehuis met 'n uitsig oor die see vanuit byna elke vertrek in die huis. Dit is in 'n veilige kompleks in die Tsitsikamma-woud, langs die Fynbos-gholfbaan en bied selfsorgverblyf wat ideaal vir 'n gesin of vriende is.
Hierdie huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste verdieping het 'n groot leefarea met kombuis en oopplan-leefarea met skuifdeure na die balkon. Daar is 4 slaapkamers op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het ook 'n dubbelbed met 'n en-suite badkamer. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed met 'n en-suite badkamer. Drie van die slaapkamers lei na die balkon. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, diepvrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n kinderspeelkamer bo die kombuis. Die sitarea langsaan het rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n kaggel. Daar is ook 'n binnebraai wat met groot skuifdeure lei na die balkon. Die eetarea het 'n groot tafel met sitplek vir 10 gaste. Daar is ook 'n eetarea op die balkon.
Blue Dawn het gratis WiFi.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Franette Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 137
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Eersterivier Road, Skuitbaai, Oubosrand, 6303, Oos-Kaap
- Gaste dink Blue Dawn het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eersterivier Road, Skuitbaai, Oubosrand, 6303, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang