Blue Haven
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 15th Street, Shelley Point, St Helena Bay, 7382, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Blue Haven bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n dubbelverdieping gesinsvakansiehuis wat in 'n stil doodloopstraat binne die veilige Shelley Point Gholflandgoed aan die Weskus geleë is. Hierdie huis bied pragtige sonsopkoms-uitsigte oor die see van Stompneusbaai, wat dit 'n ideale keuse maak vir 'n kuswegbreek.
Dié eiendom kan altesaam 6 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 3 en suite-slaapkamers asook 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep is, terwyl die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Die en suite-badkamers het óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en skottelgoedwasser ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die aangrensende sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Deur die glasskuifdeure is daar 'n onderdakstoep met buitesitplek, 'n Jacuzzi en 'n ingeboude braai wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy kwaliteittyd saam met familie en vriende geniet. Die huis is gerieflik geleë sowat 100 m vanaf die naaste afgesonderde strand binne die Shelley Point Estate. 'n Rugsteunoplossing is in plek om seker te maak dat gaste nie deur beurtkrag geraak sal word nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Francois Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 10 15th Street, Shelley Point, St Helena Bay, 7382, Wes-Kaap
- Gaste dink Blue Haven het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 15th Street, Shelley Point, St Helena Bay, 7382, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang