Successfully reported
+16

Bethal Bluegum Country Lodge

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 07:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Lakeside Ave, Bethal, 2310, Mpumalanga
  • Vanaf R1 290 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Bluegum Country Lodge is 'n klassieke, landelike wegbreekplek. Hierdie aanloklike ontwikkeling van rooi siersteen is in Bethal geleë. In die hartjie van die Kosmos-area in Mpumalanga, sal Bluegum maklik jou oornagplek wees op 'n sakereis of jou gunsteling-bestemming word op pad na Swaziland, St. Lucia en die Noordkus.

Bluegum Country Lodge is word omring deur bloekombome en die Hoëveld-landskap. Dis ver verwyder van die stadsgeraas, en ons moedig gaste aan om lekker na aan die natuur wonderlike oomblikke te geniet. Die lodge spog met 5 en suite kamers en konferensiegeriewe. Die konferensiesentrum is 'n pragtige, rustige plek waar jy en jou kollegas in vrede oor ernstige sake kan konfereer.

Ons het enkelkamers, dubbelkamers en 'n suite vir wittebroodspaartjies. Laasgenoemde suite het 'n oopplan-opset met 'n groot hoekbad (Jacuzzi), versag deur 'n gedrapeerde gordyne. Spesiale kamers is geskik vir besoekers met rolstoele. Besoekers kan die skilderagtige landskap van die stoep af waardeer, en 'n oggendkoffie tussen stinkhoutbome geniet.

Al die kamers het DStv, koffie- en teemaakgeriewe, 'n private ingang en yskassie. Sommige kamers is toegerus met lugversorging. Gaste het hulle eie toegangsbeheer. Faksgeriewe is by Ontvangs beskikbaar. Daar is ook 'n daaglikse wasgoeddiens, groot en veilige parkeerplek. WiFi is beskikbaar. Doen asb navraag oor die wagwoord met aankoms.

Die lodge spog met 40 en suite-kamers wat elkeen 80 mense kan akkommodeer. Enkelkamers, dubbelkamers en kamers met twee enkelbeddens. Die kamers is met Afrika-patrone versier met 'n mengsel van ryk, aardse kleure, leiklip-dekor in die ruim badkamers en 'n growwe okerkleurige muurafwerking. Die moderne ontwerp van die kamers skep 'n lugtige gevoel. Spesiale kamers is ook beskikbaar vir besoekers in rolstoele. Daar is ook konferensiegeriewe wat 5 - 250 afgevaardigdes kan akkommodeer of ook as 'n lokaal vir troues of ander aangeleenthede kan dien vir 250 gaste.

Ontbyt word tussen 06:00 en 08:00 bedien in die eetkamer. Aandetes kan ook vooraf bespreek word en word in die eetkamer bedien. Elke maaltyd word met groot sorg en vars bestanddele voorberei.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Danie V
Besigheidsreis
5.0
Wonderlike verblyf teen 'n goeie prys. Ons het baie lekker gebly by die Bluegum Country Lodge in Bethal. Ons volgende besigheidsreis na Bethal se datu...
Sien meer
Mei 2025
Sally V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Skoon en netjies. Al probleem was die koffie was te min. 3 koffies, baie suiker en melk.
Mrt 2025
Marlize J
Saam met lewensmaat
4.8
Ons het letterlik net oorgeslaap maar dit is so rustig en 'n mooi omgewing. Als was gerieflik. 2 punte. Kan dalk bietjie meer koffie en melk in die ka...
Sien meer
Mei 2024
Adele C
Besigheidsreis
4.4
Marius was baie behulpsaam, ons het gemaklik gebly en lekker geslaap! Ons het baie lekker gebly.
Apr 2025
Chanel J
4.4
Gerieflik. Die airconditioner het nie gewerk in my eenheid nie. Sal graag weer daar wil bly om my seun wat in dieselfde kompleks bly, meer gereeld te ...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Jacqueline Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 7 Lakeside Ave, Bethal, 2310, Mpumalanga
  • Gaste dink Bethal Bluegum Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 290
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 290
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 290
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 07:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Lakeside Ave, Bethal, 2310, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5c268314ab898bd7e611ea16cf2de7fc73ed984875811affab473d40ff3e99e6b453d2832c7719fe4c6b178125c5715bbd7b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 290 per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 7 Lakeside Ave Bethal 2310 Mpumalanga 021 201 8901 07:00-20:00 10:00 -26.446325015361 29.461324810982
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang