Successfully reported
+52

Bokkompie 677 Uilenkraalsmond

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 677 Kraanvoel Street, Uilenkraalsmond Holiday Resort, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Bokkompie 677 Uilenkraalsmond is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis in die gewilde Uilkraalsmond-vakansieoord in Franskraal, net 7 km vanaf Gansbaai. Hierdie kusdorpie in die Overberg is 'n gewilde toeristebestemming met opwindende aktiwiteite.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea wat na 'n lieflike binnebraai-area lei. Dié oopplan-area is ruim en prakties ingerig met 'n etenstafel met 6 stoele. Daar is 'n Kolkol-houtvuurwarmbad onder die sterre. Daar is ook 'n buitewasbak om die vangs van die dag af te spoel.

Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien en gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, lugbraaier, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die ruim sitarea het 'n gemaklike L-vormige bank en 'n TV.

Die huis is beveilig met diefwering, sekuriteitsligte buite en 'n glyhek. Daar is ook 'n alarmstelsel op die perseel. Die oord het 24 uur-sekuriteit en word met toegansbeheer bereik.

Die huis is stapafstand van die meer en in die oord is daar 'n waterglybaan en putt-puttbaan wat kinders kan geniet asook 'n geriefswinkel wat sorg vir 'n wonderlike vakansie-ervaring vir gesinne.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Warmbad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Leon V
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend. Almal het dit baie geniet. Alles was netjies en in werkende toestand. Kinders is baie opgewonde om weer te gaan.
Sep 2025
Thabiso M
Gesin met klein kinders
5.0
Great place to spend time with family. It was a great stay, home away from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Michelle H
Gesin met tieners
5.0
Value for money. Really enjoyed the stay. The family living room space was lovely. Safe and close to the beach for sunrise and sunsets....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Brittany A
Saam met vriende
5.0
Fantasties! Ons het absoluut lekker verblyf gehad. Baie dankie!
Jun 2025
Franchesca B
Saam met vriende
5.0
Oulikke plekkie naby aan die see. Baie oulike plekkie, met 'n lekker binne braai, perfek vir koue weer. Die warmbad is ook 'n wenner.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Mariana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 677 Kraanvoel Street, Uilenkraalsmond Holiday Resort, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bokkompie 677 Uilenkraalsmond het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 7)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 850
per nag (plek vir 7)
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 7)
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 677 Kraanvoel Street, Uilenkraalsmond Holiday Resort, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA33716575af153807173936c1c1056cee602be5c13b42d4a518d1416fc718abc48b03583d1b897623f3d42c00331cc77eaf3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 7) 48 5 1 5 677 Kraanvoel Street Uilenkraalsmond Holiday Resort 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.602117866143 19.410602156761

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang