Successfully reported
+52

Bontebokskloof Manor

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off R324, Bontebokskloof, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 850 per nag, vir 13 mense

Beskrywing

Bontebokskloof Manor is 'n pragtige Kaaps-Hollandse huis wat selfsorgverblyf op 'n plaas 17 km buite Swellendam bied. Hierdie plaas verbou lusern, kanola en koring wat van ligpers tot geel en groen verander soos die seisoene hul gang gaan.

Die stylvolle plaashuis is ideaal vir 'n familie aangesien dit oor 5 slaapkamers beskik en slaapplek aan 11 volwassenes bied. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die aangrensende tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste maak van 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort gebruik. Die vierde en vyfde slaapkamer het onderskeidelik 3 enkelbeddens en 2 enkelbeddens. Die kuierarea dien ook as 'n ekstra slaaparea en het 2 enkelslaapbanke. Gaste in die laaste slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad en stort het. Linne en handdoeke word voorsien. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Die ruim kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Nes 'n tradisionele plaashuis, is die kombuis en braai-area die hartjie van hierdie huis en gaste kan hul maaltye om die etenstafel met 14 sitplekke geniet. Gaste kan ook in die sitarea voor die kaggel ontspan terwyl hulle 'n film of 'n boek geniet. Die kuierarea het 'n tafeltennis, 'n TV en bordspeletjies wat kinders vermaak.

Verder het die huis 'n stoep met 'n ingeboude braai en lei na 'n swembad met sonstoele waar gaste kan ontspan en die uitsig op die Langeberge bewonder. Gaste is welkom om die plaas te verken, bergfiets te ry of 'n piekniek by Milkwood Grove te hou.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Carol R
5.0
One of the best places to stay for a large group. Bontebokskloof Manor exceeded our expectations. The establishment caters for every ne...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Marthi H
5.0
Outentieke Overberg ervaring. Groot ou plaashuis met 'n diep donker gang en 'n aanvoelbare Krige teenwoordigheid. Sorgvuldige dekorasie, meubels en ge...
Sien meer
Okt 2024
Robyn K
Saam met vriende
5.0
We will be back! Lovely farm house! The house was really spacious and comfortable, and well equipped. I loved having a games room, a cu...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Jacques K
5.0
Heerlik, sal vir seker weer 'n draai wil maak. Ons het baie lekker gebly. Die huis is uitermate gerieflik vir 'n groot familie wegbreek met 'n heerlik...
Sien meer
Jun 2024
Marius S
5.0
Ons het heerlik gebly. Ons was 'n groep van 8 en die huis het almal maklik geakkomodeer sonder dat mens in mekaar se spasie is. Lieflike ligging met p...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Anke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Off R324, Bontebokskloof, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bontebokskloof Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 850
per nag, vir 13 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 850
per nag, vir 13 mense
Vanaf
R 5 850
per nag, vir 13 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off R324, Bontebokskloof, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2aa7d2cb9edb7b49e106f0f1627da09e85a62d79c4abb3ffc03f90c5fc6540edf74e96355bd689bdff42db2554c5732e4b38?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 850 per nag, vir 13 mense 16 5 1 5 Off R324 Bontebokskloof 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.039596312983 20.603258552534
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang