Successfully reported

Boskloof Guest House

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.2
Veiligheid
4.6
Charmaine P
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2019

Ons verblyf het presies voldoen aan wat ons wou gehad het. Ons was twee ma's met ons dogters wat deelgeneem het aan die Commonwealth Grand Prix Dance Cup by Sun City en ons het bekostigbare verblyf gesoek naby Sun City vir die naweek maar wat tog naby genoeg is. Ons het heerlik oornag en alles was baie netjies en skoon en die eienaar was baie geduldig met ons tye wat soms baie laat was met ons terugkeer vanaf die kompetisie. Ons sal beslis terugkeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annamarie W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2019

Dit voel nie of jy by 'n vreemde plek is nie, maar by vriende. Die gasteplek is netjies en skoon. Die honde pas jou op asof jy familie is. Die blyplek is soos om in jou eie huis te wees. Braaigeriewe en plek om by die vuur te sit. Jy kan gaan stap op die plaas om die bosveld in te asem. Die eienaar en sy dogter wat die plek het is gasvry en goeie geselskap. Ons het baie lekker gekuier en sal beslis weer daar gaan inboek. Ek gee beslis die plek 'n vyf-ster aanbeveling.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Pieter H
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Nov 2019

Baie lekker, rustige kuier. Boskloof Guest House verskaf pragtige verblyf binne trefafstand van Sun City. Ons het die Nedbank Golf Challenge bygewoon, maar die verblyf was so lekker dat ons bietjie meer tyd op Boskloof spandeer het, en bietjie minder tyd by die gholf. Die wooneenhede is volledig ingerig en baie veilig. Ons maak volgende jaar definitief weer so.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Barbara N
1 nag
4.8
Feb 2019

Sal vir seker weer besoek! Ons het van Boskloof Gastehuis gebruik gemaak met die doel om die Pilansberg Nasionalepark te besoek. Dit is ideaal geleë hiervoor veral met die oog op die waarde vir geld! Mens kan nader aan Pilansberg woon, maar dan gaan jy ten minste 2 maal meer geld moet opdok! Die opset van Boskloof is fantasties: die plaas atmosfeer is verwelkomend en dien as die ideale plek om jou batterye te herlaai vir 'n naweek. Dis skoon en netjies en sal definitief weer van die verblyf gebruik maak!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riette B
1 nag Gesin met tieners
4.0
Des 2019

Goeie ligging en waarde vir geld. Boskloof is goeie waarde vir geld as alternatief tot Sun City-verblyf vir ons jaarlikse Sun City gholftoernooi. Ons sal gewis volgende jaar weer van hul gasvryheid gebruik maak.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Christa H
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Okt 2019

Dit het aan al ons vereistes voldoen. Net jammer ons was te laat daar om alles regtig te geniet. Ons sal weer moet gaan om die volle potensiaal van die plek te geniet!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Nicky F
1 nag
3.4
Aug 2019

En route to Pilanesberg. Good cheaper accommodation option for anyone wanting to visit the Pilanesberg National Park - 20 minute drive on good roads. House was clean and with fully equipped kitchen but lacks personal touches.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Elize S
Kort verblyf Besigheidsreis
3.2
Apr 2019

Goeie oornagverblyf. Geskik as mens bekostigbare oornag-akkommodasie soek naby aan Pilansberg Reservaat.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Heinrich K
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2018

Gemaklik, netjies, gerieflik. Dit was verfrissend om diere by die ingang te hê en fasiliteite wat werk. Vriendelike bestuurders.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Divan B
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2018

Baie lekker. Baie vriendelike diens ontvang. Mooi plaas en sal weer teruggaan Boskloof toe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Amori Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Boskloof, Boshoek, 0301, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNjNmVmMTYwLThkNWUtNDYzMi05NGI2LTA3N2ZkMDE2ZTlhYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 31 5 1 5 Farm Boskloof Boshoek 0301 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.478626882338 27.060751119855
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang