Successfully reported
+69

Hangnes @ Boskloof Swemgat

  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boskloof Road, Boskloof, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 584 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Hangnes @ Boskloof Swemgat is sowat 10 km vanaf Clanwilliam in die Boskloofvallei geleë, 'n manjifieke ongerepte gebied wat aan die Cederberg-wildernisarea grens. Die Jan Disselsrivier vloei deur die vallei en die plaas is na 'n gunstelingrotspoel, Swemgat, wat die rivier in die middel van die land vorm, vernoem.

Die kothuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware toegerus is en 'n toonbank met stoele het. Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank vir kinders en 'n kaggel.

Buite is daar 'n lieflike stoep met sitplek, braaigeriewe, 'n houtvuurwarmbad en 'n uitsig oor die omliggende platteland. Dié kothuis is ongeveer 200 m van die rivier af.

Hout en tuisgemaakte produkte is by die kiosk te koop. Gaste kan swem en visvang in die helder rivier, hul bergfietse saambring of die staproetes te voet aandurf. Kinders kan die plaasdiere besoek en met tjoeps in die rivier speel. Met sowat 1 000 bome oor 11 ha is Boskloof Swemgat die tuiste van 'n oorvloed voëllewe.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
Lugversorging
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Warmbad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 393 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Minette M
Saam met lewensmaat
5.0
Kan definitief aanbeveel. Baie oulike plek. Mooi omgewing. Vriendelike ontvangs.
Sep 2025
Kobus L
5.0
Stil en rustig! Baie vriendelik, uitstekende diens. Baie stil en rustig. Sal beslis weer terugkom!
Sep 2025
Claude V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, wens ons kon langer bly. Puik plek en puik ligging met puik diens!
Jul 2025
Anina L
Gesin met tieners
5.0
We will return! Goed toegeruste akkommodasie. "Hot tub" is 'n absolute bonus!
Jul 2025
Karen B
Saam met lewensmaat
5.0
A little slice of heaven. We loved Hangnes. The view from the stoep was lovely and we enjoyed sitting there in the mornings listening t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Juanita Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 415

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Boskloof Road, Boskloof, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hangnes @ Boskloof Swemgat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 584
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 584
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 2 584
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boskloof Road, Boskloof, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb28f14f9fbf2b0eb6a34af312341d5d89c3bf6416d7d3426fd674801435f29e8d33f5bcd783b638211870b7a8784b3fbf07b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 584 per nag, vir 4 mense 393 5 1 5 Boskloof Road Boskloof 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.207861484033 18.975212449074
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang