Successfully reported
+50

Braeview Guesthouse

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Sunnybrae Crescent, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Braeview Guesthouse nooi gaste uit om in die walvis-hoofdorp te kom kuier. Dit is net 10 minute se stap van die New Harbour af vanwaar die walviskykbote vertrek. Dié elegante gastehuis is lekker naby die hawe in die ou buitewyk van Hermanus, Westcliff, met oop ruimtes en parke. Braeview is net 150 m van die gewilde kranspaadjies af waar besoekers die walvisse sommer van naby kan dophou.

Braeview bied 2 luukse selfsorg-eenhede (of B&B op versoek) met 'n rustige en ontspanne atmosfeer.

Sunbird-suite spog met elegante meubels en binnenshuise versiering. Die eenheid bied slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers met 'n stort en bad, sitkamer, volledig toegeruste kombuis, pragtige tuin en stoep met braaigeriewe.

Die Stone Cottage is ruim, sonnig en smaakvol. Die kothuis is apart van die Sunbird-suite en bestaan uit 1 groot kamer met 'n en-suite badkamer en kombuisie en is volledig toegerus om slaapplek aan 4 gaste te verskaf. Die kothuis het ook sy eie privaat stoep en braaigeriewe wat lei na die tuin.

Braeview is kindervriendelik en sekere DStv-kanale is beskikbaar. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

Hoewel Braeview ver genoeg van die besige sakakern af is, is dit net stapafstand van die restaurante en winkels af. 'n Kort stappie langs die kranspaadjie is dalk al wat staan tussen jou en 'n blik op walvisse en hul kroos wat in die diepblou baai baljaar. Blouvlagstrande, getypoele en Hermanus se pragtige gholfbaan is net 'n paar minute se ry van ons af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Erica A
Gesin met tieners
5.0
Dit was lieflik. Die plek was lekker rustig en netjies. Ook lekker naby die see.
Sep 2025
Carey M
Gesin met tieners
5.0
Great stay. Stay was great. The only comment would be to include actual hand soaps in the bathrooms.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Lena B
5.0
Lekker. Ons het dankie. Het klaar vir die eienaar laat weet dat die heater in die sitkamer nie genoeg is vir daai area nie - dis vir seker koud in daa...
Sien meer
Jul 2025
Christine R
5.0
Gemaklike oornag blyplek. Hierdie is 'n gesinshuis met verskeie kamers wat apart of saam bespreek kan word. Ek en my dogter kon elkeen ons eie slaapka...
Sien meer
Mrt 2025
Sandra H
Saam met vriende
5.0
Wonderfully relaxing. My husband and I who live in Cape Town took my sister and brother-in-law from Canada to Hermanus for a long weeke...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Catherina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 2 Sunnybrae Crescent, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Braeview Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 120
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 120
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 120
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Sunnybrae Crescent, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMyMzkwYTgzLWYxYmEtNGQxNC05YzY4LTA3NTFlN2U2YzJkZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense 40 5 1 5 2 Sunnybrae Crescent Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.429220173484 19.225026987375
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang