Successfully reported
+38

Buffelshoek Tented Camp

Tentekamp
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Buffelshoek Camp Road, Manyeleti Game Reserve, 1360, Mpumalanga
  • Vanaf R10 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Buffelshoek Tented Camp is in die suidoostelike deel van die Manyeleti Wildreservaat geleë, naby die Krugerwildtuin en die Sabi Sand Privaat Natuurreservaat.

Buffelshoek bied 'n regte bos-ervaring, maar gaste se gerief word ook hoog op prys gestel deur die perfekte balans tussen luukse gerief en 'n bosveld-atmosfeer te handhaaf. Aangesien daar net 5 bekoorlike grasdaktente met seildoekvoorkante is, sal gaste ook privaatheid hê. Elke tent bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n en suite-buitebadkamer op 'n houtdek. Maksimum 10 gaste word per kamp toegelaat en dit verseker dat elke gas persoonlike aandag geniet.

Die kamp is nie omhein nie, het beperkte sonkrag en spog met 'n gemeenskaplike braai-area. Maaltye word dikwels op 'n oop vuur voorberei en gaste kan dit in die eetarea, wat met lanterns belig word, eet of dit onder die sterre in die boma geniet. Kom sit in die knus sitarea saam met die ander reisigers agteroor, of ontspan op die wildkykdek en hou die wild en voëls wat by die watergat drink en op die vlakte wei dop. Elke nou en dan is daar selfs 'n olifant wat by die kamp kom aanklop, so gaste hoef nie eers ver te ry om dié reuse te sien nie.

Wildritte soggens en saans is by die verblyf ingesluit. Die wildritte word deur 'n gids in 'n oop wildkykvoertuig aangebied, so 'n interessante uitstappie word gewaarborg. Met uitstekende gidse kan Buffelshoek Tented Camp amper waarborg dat gaste die Groot 5 oor 'n periode van 3 dae sal sien.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 18

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Buffelshoek Camp Road, Manyeleti Game Reserve, 1360, Mpumalanga
  • Gaste dink Buffelshoek Tented Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 10 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 10 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 10 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Buffelshoek Camp Road, Manyeleti Game Reserve, 1360, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANqaAl05QDR9V1vUhYdhrXcU2sBc0W2mComPVRuB1I78DHqsVxp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R10 000 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 Buffelshoek Camp Road Manyeleti Game Reserve 1360 Mpumalanga 021 201 8901 13:00-17:00 11:00 -24.660183333333 31.555866666667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang