Successfully reported

Buona Notte Suites

Gastehuis

Resensies

3.1/ 5

Gebaseer op 2 resensies


Netheid
3.5
Ligging
3.5
Waarde vir geld
2.5
Diens
2.5
Veiligheid
3.5
Johan H
1 nag Saam met vriende
4.0
Jul 2025

Lekker vinnige oorslaap in 'n warm skoon bed. Heerlik gebly, dankie. Vriendelik ontvang en na kamer geneem. Die koeldrankie saam met die water en koffiestasie was 'n lekker verrassing. Ek sal net voorstel dat daar dalk bedlampies aangekoop word. Het dit gemis.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Eddie
Buona Notte Suites
Thanks Johan, for the review. Can't wait to host you again.

Duané G
Kort verblyf Saam met vriende
2.2
Aug 2025

Baie onaangenaam en glad nie die prys werd nie. Beveel glad nie aan nie. Ons het Vrydagmiddag 14:30 voor die hek gestop. Ons het lank buite gewag voordat die hek oopgemaak is. Ons is ontvang deur 'n baie ongeskikte man. Hy het eers gesê hy kry nie ons bespreking nie. Ek het hom die bevestiging op die webtuiste gewys, waarna hy iemand gebel het en vir ons vorms in die hand gestop het. Op die vorms vra hulle al die gaste se ID-nommers; ons het geweier om dit te gee. Die persoon het gesê dat indien ons dit nie verskaf nie, ons nie daar kan oornag nie. Ons het hom gesê dat ons bespreek het deur die webtuiste en dat hy hulle kan kontak indien daar enige probleme is. Hy het toe ingestem en ons na ons kamers geneem. Beide kamers dui aan dat dit “alleenstaande” eenhede is, maar tog was daar kamers direk langsaan. Die kamers was wel baie skoon en netjies. Ons het gery om te gaan aandete eet. Toe ons later die aand terugkeer, was daar in een kamer skaars water, en in die ander kamer glad nie warm water nie. Ons het die nommers gebel wat voorsien is, maar elke keer is die oproep doodgedruk. Ons het toe die webtuiste gekontak, en iemand het afgekom om ons te help. Die gas was klaar, en daarom was daar nie warm water nie. Hulle het die gasbottel vervang en ons kon uiteindelik stort. Die volgende dag was ons baie vroeg uit en het eers later teruggekeer. Toe ons wou parkeer, was daar geen parkeerplek beskikbaar nie. Weereens het ons die nommers probeer skakel, maar daar was geen antwoord nie.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Eddie
Buona Notte Suites
Apologies, Duané. We hope to give you a better experience next time.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.1/5

Eddie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf R1 000
R 1 000 R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R1 000
R 1 000 R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
R 1 000 R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 3rd Avenue, Linden, Randburg, 2195, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6a81a10f618c872da04f90629596d3a898a1932e6731bb071a93594094d8133ecbbdd16ab5578e906eb8efa8f4b3cf7a282e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R900 per nag (plek vir 2) 2 5 1 4 6 3rd Avenue Linden 2195 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.141347289032 28.000135123729

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang