Successfully reported
+15

Calamari 10

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ray Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Calamari 10 is 'n vakansiewoonstel teen die strand in Ramsgate. Dit bied ongelooflike uitsigte oor die branders en die see. Dit is net 30 m van die veranda na die strand.

Die woonstel het 2 verdiepings en bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers bo, elkeen met 'n koningingrootte-bed. Op die onderste vloer is daar nog 'n slaaparea met 'n enkelbeden invou-enkelbed langs die sitarea. Die kamers en die sitarea het elkeen lieflike see-uitsigte en plafonwaaiers. Die woonstel beskik oor 2 badkamers en 'n gaste-toilet. Die een badkamer is en suite en het 'n bad en die ander badkamer het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Gaste hoef nie hul dekodeerders saam te bring nie. Daar is ook WiFi en Netflix.

Die woonstel het onderonderbroke kragtoevoer tydens beurtkrag sodat die WiFi en TV werk.

Skuifdeure lei van die sitkamer na die veranda met braaigeriewe. Daar is ook 'n groot grasperk waarop kinders kan speel.

'n Enkelmotorhuis word voorsien en die eenheid beskik oor 'n alarmstelsel en 'n kluisie vir jou waardevolle besittings.

Die woonstel word nie skoongemaak nie, maar dit kan gereël word teen 'n addisionele fooi. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring. 'n Wasmasjien en tuimeldroeër is beskikbaar.

Die woonstel is stapafstand vanaf Ramsgate en Margate se Blouvlagstrande waar geswem kan word, asook vanaf die Waffle House en Blue Lagoon Restaurant. La Capannina en Just So Chinese-restaurante is slegs 200 m weg.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort

Badkamer

Stort

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Janine R
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent, relaxing and clean. We as a family enjoyed our stay. First time holiday with pets. Will definitely go and stay there again. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Antonie S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Dit was baie netjies, skoon en gemaklik. Alles was soos geadverteer. Die enigste negatiewe punt is dat die motorhuis nie ordentlik werk e...
Sien meer
Apr 2025
Jacques A
Gesin met tieners
5.0
Baie rustig en mooi. Plek baie mooi, als wat jy soek is daar.
Des 2024
Chantal H
Gesin met tieners
5.0
Rustig en het lekker gerus. Dis soos jou huis van die huis af. Die uitsig van die see uit amper elke vertrek is asemrowend mooi. Ons gaan elke jaar da...
Sien meer
Sep 2024
Carl W
Saam met lewensmaat
4.6
Lekker op die see vir 'n rustige vakansie. Verblyf was lekker. Alles werk goed. Panne se handvatsels moet vasgedraai word. Stukkende materiaal van ban...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 69

Resensies 380

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Ray Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Calamari 10 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ray Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfc66e9322419b7d918afdb16ead3caae8736e91e14562300c38382e19b47a996a2b5a126f4ca9bbc81bac969161e831c9fc2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6) 74 5 1 5 Ray Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -30.874755190453 30.36263152957

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang