Cape Breaks Superior Plus 1-2 Bedroom
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 72 Queen Victoria Street, Saint Martini Gardens, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R2 700 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
            Cape Breaks Superior Plus 1-2 Bedroom bied gerieflike selfsorgverblyf in die St Martini Gardens-kompleks in Kaapstad. Dit is ideaal geleë vir vakansiegangers, sakelui en besoekende akademici.
Dié woonstel met lugversorging het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed het. Die volledige badkamer het 'n bad en 'n stort. Alle linne word voorsien, en die woonstelle word weekliks skoongemaak. Ekstra skoonmaak kan ook op versoek gereël word teen 'n fooi.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, en 'n mikrogolfoond. Die woonstelle beskik oor satelliet-TV en gratis WiFi. Die woonstel het 'n balkon wat uitkyk oor die Kompanjie se Tuin.
Die St Martini Gardens-kompleks het 24 uur-sekuriteit, 'n wassery en sy eie pragtige privaat tuin met 'n groot swembad. Veilige parkeerplek is ook op versoek beskikbaar.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Belinda Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 72 Queen Victoria Street, Saint Martini Gardens, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 72 Queen Victoria Street, Saint Martini Gardens, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang