Caracal Game Breeders and Guest Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: N11, Farm Elandsbosch Portion 3, Mookgopong, 0560, Limpopo
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Caracal Game Breeders and Guest Farm is in die Waterberge. Hierdie 100-hektaar plaas bied 'n unieke ervaring vir 'n gesin of vriende. Kom geniet asemrowende sonsondergange, die mooiste sterrehemel en die geroep van jakkalse in die aande. Die plaas spog met 'n ryk voëllewe en diverse natuurskoon.
Die huis bied slaapplek vir 8 gaste en het 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die eerste slaapkamer se badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer se badkamer het 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer is in 'n aparte chalet langs die huis en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n privaat buitestort.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n Nespresso-masjien en 'n toonbank met stoele. Die leefarea het 'n rusbank, groot eetkamertafel en kaggel. Dit lei na die oordekte patio met 'n eetkamertafel, pooltafel, ingeboude braai, Weber en rusbanke. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n boma met 'n vuurput en veilige parkering op die perseel. Daar is 'n seisoenale dam sowel as 'n Intex-swembad vir swem. Die plaas het boorgatwater, 'n sonkragstelsel en gasgeisers. Wild kan van naderby besigtig word en die eiendom is slegs 40 km vanaf Mookgopong waar winkels en restaurante geleë is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Marlien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- N11, Farm Elandsbosch Portion 3, Mookgopong, 0560, Limpopo
- Gaste dink Caracal Game Breeders and Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: N11, Farm Elandsbosch Portion 3, Mookgopong, 0560, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang