Casa Papale - Rapallo
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 41 Fisherman's Bend, Llandudno, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
            Casa Papale - Rapallo is 'n selfsorg-ateljeewoonstel met ongerepte see-uitsigte in die kusvoorstad Llandudno, Kaapstad. Hierdie eenheid is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek. 
Die ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die leefarea het 'n rusbank en 'n TV met stroomdienste. WiFi is beskikbaar. 
Gaste het toegang tot 'n stoep met meubels en see-uitsigte, 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe, en veilige parkeerplek op die perseel. Dié verblyf is sowat 5,4 km van Houtbaai af waar gaste winkels, restaurante en wynplase kan geniet.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 41 Fisherman's Bend, Llandudno, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 41 Fisherman's Bend, Llandudno, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang