Successfully reported
+12

Casetta del Fuoco Eko-huisie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Farm B18, Roodefontein South, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Casetta del Fuoco Eko-huisie is op 'n kleinhoewe naby Plettenbergbaai geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié skeepshouer-huisie beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. 'n Bababed is ook beskikbaar indien dit vooraf gereël word.

Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die eko-vriendelike huisie maak gedurende die dag van sonkrag gebruik en saans van munisipale elektrisiteit. Die water word deur sonkrag verhit en die huis maak van 'n reënwaterstelsel gebruik.

Die oopplan-sitarea het gemaklike sitplek, 'n enkelslaapbank en 'n TV met 'n DVD-speler.

Die leefarea lei na 'n houtstoep met gasbraaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die huisie is ongeveer 9 km van Plettenbergbaai en al die geriewe en doendinge af.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Leefarea

1

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Corna B
5.0
Rustig, stil en ontspanne. Goeie ligging. Goed toegerus. Sal weer besoek.
Sep 2025
Werner O
Gesin met klein kinders
5.0
Het die stilte en omgewing baie geniet. Absoluut. Die 'tiny home' is 'n wenner! Goeie uitleg en die ligging is perfek.
Apr 2025
Irma V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige natuur prag. Die Eco-huisie is wel klein, maar baie goed ingerig en gesellig. Ons was afgesonder en het die stilte en natuur baie geniet. Die ...
Sien meer
Mrt 2025
Stephen H
Gesin met tieners
5.0
Awesome. Jolene was awesome, gave us spot-on directions and welcomed us. The place was awesome as we have never stayed in a container h...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Renita V
Gesin met tieners
5.0
Enjoyed the peace. Very pleasant and quiet.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Jolene Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 27

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Farm B18, Roodefontein South, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casetta del Fuoco Eko-huisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Farm B18, Roodefontein South, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGL34AYNuGXpC5rYNzGBQsSSJqVculz89cdNElpJ0oCGCrRrZja?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense 22 5 1 5 Farm B18 Roodefontein South 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 11:00 -34.093087057783 23.308799129875

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang