Successfully reported
+16

Cederberg Algeria - Grey Rhebok

  • Kapasiteit: 6 persone
    5 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cederberg Algeria Reserve, Cederberg Wilderness Area, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 365 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Cederberg Algeria - Grey Rhebok is 1 van 8 selfsorg-kothuise in die Algeria-area van die Sederberg Wildernisgebied. Die Sederberg is as 'n Wildernis verklaar in 1973. Die area is 66,811 hektaar groot en is in die Kaapse Blommestreek, net 3 ure buite Kaapstad. Die Sederberge, wat oranje verkleur is deur die ysteroksied, oorheers die landskap en sandsteen-klipformasies, soos die Maltese Cross en Wolfberg Arch, asook antieke San- en Khoi-rotskuns maak die area werklik merkwaardig.

Die Sederberg is 250 km noord van Kaapstad en strek vanaf die Middelberg-pas in Citrusdal tot by Pakhuis-pas in Clanwilliam. Die wildernis beslaan ongeveer 71 000 hektaar bergagtige terrein, wat dit ideaal maak vir diegene wat hou van stap en rotsklim. Die area is ook 'n Wêrelderfenisgebied en is bedek in bergfynbos, insluitend die louriersuikerbos, die rooi disa, rooibos en die skaars en endemiese sneeuprotea. Die hoër berg-hange het die skaarse Clanwilliam-seders, waarna die area vernoem is. Die area het ook 'n ryk wildlewe. Besoekers mag dalk ystervarke, ratels, groototters en erdvarke gewaar. Die wat gelukkig is kan dalk 'n luiperd raaksien. Daar is ook kleiner roofdiere soos die vaalboskat, rooikat, bakoorjakkals, maanhaarjakkals en Kaapse jakkals. Ander, meer algemene diere sluit bobbejane, dassies, vaalribbokke, klipspringers, duikers en grysbokke in.

Die Grey Rhebok-kothuis is geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders onder 12. Daar is 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n instap-stort, toilet en wasbak.

Die kombuis en leefarea is mooi versier. Die kombuis is met 'n vierplaatstoof, oond, yskas, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, potte en panne toegerus. Die sitarea het 'n kaggel en 'n slaapbank vir 2 kinders onder 12. Die kothuis lei na 'n groot stoep met 'n piekniektafel, onderdak-braaigeriewe en 'n mooi berg-uitsig. 'n Rooster en driepoot-staner word voorsien.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Shannon G
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, heerlik. Die uitsig is asemrowend. So rustig en perfek vir 'n rustige wegbreek. Die huisie het alles bevat wat nodig is vir 'n naweek wegbreek...
Sien meer
Aug 2025
Natasha S
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. ’n Oulike plekkie geleë in die Sederberge. Ons was baie tevrede.
Jun 2025
Lizelle A
5.0
Ongelooflike mooi natuur en netjiese verblyf. Ons is baie vriendelik ontvang en vertel van al die staproetes. Die chalet is baie mooi en netjies. Jou ...
Sien meer
Sep 2024
Andrew L
Gesin met klein kinders
5.0
Ek sal volgende jaar weer terug wees. Baie lekker gebly. Vriendelike hulpvaardige personeel en fantastiese uitsigte.
Jan 2024
Glen T
Saam met lewensmaat
4.8
Excellent. Good accommodation set at the foot of an awesome mountain range.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Trade Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 49

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Cederberg Algeria Reserve, Cederberg Wilderness Area, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cederberg Algeria - Grey Rhebok het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 365
per nag, vir 5 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 365
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R 2 365
per nag, vir 5 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
    5 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cederberg Algeria Reserve, Cederberg Wilderness Area, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf243ca96e0f6c21539eafe68ef1ce2b5ba263712539cfc73e55c75000896fe832a967515e77b8cec49aaff44d8bbdc63fe3e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 365 per nag, vir 5 mense 15 5 1 5 Cederberg Algeria Reserve Cederberg Wilderness Area 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.374156 19.059246
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang