Chateau la Mer Exclusive Guesthouse
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 31 Cannon Crescent, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
- Vanaf R2 250 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Omring deur die Majestic Magaliesberg, kan 'n mens werklik ontspan, terwyl jy die visarend in die verte hoor. Château la Mer Exclusive Guesthouse is 'n luukse, Frans-geïnspireerde huis, geleë in die rustige woonbuurt Ifafi in Hartbeespoort. Hierdie gastehuis word deur 'n familie besit en bestuur. Hier glo ons daaraan om verwagtinge te oortref, en om 4-ster dienste aan ons gaste te verskaf.
Ons puik gastehuisverblyf is ideaal vir die diskrete sakeman, moeë reisiger of bloot vir 'n welverdiende naweekwegbreek. Elke kamer is individueel versier en toegerus met lugversorging, platskerm-TV, kroegie en komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe. Oorgenoeg kasspasie is in elke kamer beskikbaar. Luukse, sagte badhanddoeke word ook voorsien. Elke kamer het glasskuifdeure wat toegang tot die patio bied en uitsigte oor óf die dam óf die omliggende berge.
Gaste kan luukse verblyf, eersteklas diens en rustige omgewing verwag. Ons tariewe sluit verblyf en ontbyt in, bedien in die eetkamer by Château la Mer.
Château la Mer is ideaal geleë naby 'n verskeidenheid doendinge wat sekerlik die oordeelkundigste toeris sal bevredig. Geniet 'n wandeling deur die Bush Babies Monkey Sanctuary of 'n rit op 'n olifant se rug by die Elephant Sanctuary. Swaai 'n gholfstok by een van die vele gholfbane, of maak selfs 'n bietjie inkopies, blaai deur een op die handwerkmarkte of besoek die Slang- en Dierepark. Ontdek die oorsprong van die mensdom by die Wieg van die Mensdom, of pluk 'n paar aarbeie. Ontspan by 'n spa of kry 'n uitsig van bo in 'n warmlugballon.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Marianne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- 31 Cannon Crescent, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
- Gaste dink Chateau la Mer Exclusive Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 31 Cannon Crescent, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang