Successfully reported
+37

Chateau la Mer Exclusive Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 31 Cannon Crescent, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Dié gastehuis word deur die majestueuse Magaliesberge omring, in 'n area waar jy waarlik jou skoene kan uitskop terwyl jy na die visarend in die verte luister. Château la Mer Exclusive Guesthouse is 'n luukse, Franse huis wat in die stil area van Ifafi in Hartbeespoort geleë is. Hierdie gastehuis word deur 'n familie besit en bestuur, en bied 4-ster-dienste aan ons gaste.

Dis ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en naweekwegbreke. Elke kamer is pragtig versier en beskik oor lugversorging, 'n platskerm-TV, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is baie kaste in elke kamer. Luukse, donserige badhanddoeke word voorsien. Elke kamer het skuifdeure wat na 'n stoep lei en 'n uitsig oor die dam of die omliggende berge bied.

Gaste kan luukse verblyf, eersteklasdiens en 'n rustige omgewing verwag. Ons tariewe sluit ontbyt in wat in die gastehuis se eetkamer bedien word.

Château la Mer is ideaal geleë en baie naby 'n verskeidenheid doendinge vir selfs die kieskeurigste toeris. Geniet 'n stappie deur die Bush Babies Monkey Sanctuary, of 'n rit op 'n olifant se rug by die Elephant Sanctuary. Swaai jou gholfstokke by een van die vele gholfbane in die area. Doen inkopies of loop in kunsmarkte rond. Daar is selfs 'n slang- en dierpark om te besoek. Ontdek die oorsprong van die mensdom by die Wieg van die Mensdom, of gaan pluk sappige aarbeie. Rus by die spa of bewonder die natuurskoon vanuit 'n lugballon.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Coenie K
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Fantastiese ervaring. Personeel baie vriendelik. Atmosfeer laat mens sommer tuis voel.
Aug 2025
Cheryl-ann D
Saam met lewensmaat
5.0
Great. Very nice, great staff.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Choert M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi en netjiese plek. Verblyf was baie lekker. Vriendelike personeel en uitstekende diens. Mooi uitsig van die dam. Als wat jy nodig het, is in ...
Sien meer
Mrt 2025
Dean N
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful guesthouse with everything we needed. Thank you for a wonderful stay. Our stay was wonderful. Amazing views from the balcony....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
May L
Gesin met klein kinders
5.0
Home away from home. Very comfortable stay. The rooms were very clean and neat. Dinner and breakfast were delicious. The staff went out...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 60

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 31 Cannon Crescent, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
  • Gaste dink Chateau la Mer Exclusive Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 250
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 250
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 31 Cannon Crescent, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfe4e3f9dc948494be93e042ffca5f1f7dfef7b7900866b3559557d781aa555ca5097be17ce6dbba84b0fcd424b23295e061d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag (plek vir 2) 60 5 1 5 31 Cannon Crescent Ifafi 0260 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.74844 27.8924

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang