Successfully reported
+24

Chesapeake Bay 11

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
    4 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 147 Marine Drive, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Chesapeake Bay 11 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Die woonstel bied asemrowende see-uitsigte vanaf die balkon, en die kompleks is oorkant die strand en getypoel.

Neem asseblief kennis dat hierdie woonstel op die grondvloer is, maar dat dit twee trappe het wat daarheen lei. Dié woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer is toegerus met 2 stapelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n stort het.

Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof en 'n tuimeldroër. Die aangrensende oopplan-leefarea het 'n TV. Hierdie eenheid het 'n Oopsig-dekodeerder. Indien jy DStv verkies, bring asseblief jou eie dekodeerder saam (geen Explora-dekodeerders). Die leefarea maak ook oop op 'n patio.

Die kompleks spog ook met 'n gemeenskaplike swembad, 'n braai-area, 'n tennisbaan en onderdakparkeerplek vir motors. Boonop is die kompleks naby Margate North Beach, restaurante en ander geriewe in die area.

Neem asseblief kennis: Ons en die regspersoon laat nie partytjies, geraas, harde musiek of oorlading toe nie.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

2.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
4.0
Ligging
1.0
Waarde vir geld
1.0
Diens
2.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

David Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 416

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 147 Marine Drive, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
    4 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 147 Marine Drive, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAce9150e4ff8a984dfb8dd47cb51acdf166d6d0b337553c99f78fc0b67d0caaf34a65eaf90f9a5dd71a8bb644330dea88cf71?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 8) 1 5 1 3 147 Marine Drive Margate 4265 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-16:00 09:00 -30.869909275937 30.367607080443

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang