Successfully reported
+92

Rooiberg View Clarens

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 176 Main Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rooiberg View Clarens is in die skilderagtige dorpie Clarens in die Oos-Vrystaat.

Dit is in die hoofstraat, stapafstand van die dorp se verskeie winkels, restaurante, galerye en plaaslike besienswaardighede af. Dit is gerieflik vir gaste wat die dorpie wil verken of bloot deurreis.

Die verblyf bied 3 selfsorg-eenhede en 2 enkelkamer-eenhede.

Die grootste eenheid, Anki, het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die tweeslaapkamer-eenheid, June, het slaapplek vir 4 gaste en Santa, die eenslaapkamereenheid, het slaapplek vir 2 gaste. Hierdie groter eenhede het elkeen 'n volledig toegeruste kombuis met 'n oond, stoof, en mikrogolfoond, asook 'n lekker kaggel.

Die 2 enkelkamer-eenhede sluit 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en 'n ketel in. Daar is ook buitesitplek met 'n uitsig.

Alle eenhede het 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, 'n TV met DStv en gratis WiFi. Ander geriewe sluit gehaltelinne, skoon handdoeke, elektriese komberse en koffie- en teemaakgeriewe in.

Die perseel het 'n rugsteunkragstelsel sowel as waterreserwes, wat gemaklike verblyf verseker. Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel.

Die verblyf is ook net 'n kort entjie se stap vanaf die gewilde stap- en fietsroetes wat deel vorm van die Clarens Village Conservancy.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 151 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marlique T
Saam met vriende
5.0
Highly recommended - lovely place, conveniently situated and great host! The host was amazing. We were able to book in with ease, and e...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Amanda K
Gesin met klein kinders
5.0
Create place. Clean and very nice place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Ruaan V
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlike blyplek met waarde vir geld. Ons het baie lekker gebly en als wat mens nodig het is daar. Ek stel wel voor die advertensie op die webtuiste...
Sien meer
Jul 2025
Henriette V
Gesin met tieners
5.0
Baie netjies, lieflike ligging! Sien sterre.
Jul 2025
Jeanet M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en warm. Heerlik en warm en die gasvrou is baie vriendelik! Clarens is besonders.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Pam Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 151

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 176 Main Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Rooiberg View Clarens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 176 Main Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80710e29fdf2643c5c2910c67c224e5ef81bdec8f552cca417fcf4665e7554fde996185d0c848799d03b52a9719737af468a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 151 5 1 5 176 Main Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.518201 28.418564
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang