Successfully reported
+75

Clarens On Collett

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Collett Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Clarens On Collett bied selfsorgverblyf en is in die bekoorlike dorpie Clarens in die Vrystaat geleë. Daar is twee eenhede vir gaste insluitend die Clarinet Flat wat 2 gaste akkommodeer en Cello Cottage met slaapplek vir 4. Albei eenhede is modern en helder en smaakvol versier. Hulle is geleë op 'n 3 000 m²-eiendom in pragtige tuine met asemrowende berguitsigte sowat 1 km vanaf die dorpsplein in die rustige Kloof-area van Clarens. Die verblyf is op die Park Run-roete en stapafstand van die plein en die Natuurbewaring af.

Clarinet Flat is 'n privaat woonstel wat bestaan uit 'n onlangs opgeknapte kombuis, slaaparea, klein eetarea en en suite-badkamer en patio met braai en 'n intrekbare afdak asook meubels vanwaar berguitsigte geniet kan word. Daar is 'n aparte oprit en ingang na hierdie woonstel is via 'n trap vanaf die balkon.

Cello Cottage is 'n splinternuwe, knus tweeslaapkamer-, tweebadkamerkothuis agter die huis en bied pragtige uitsigte. Dit beskik oor 'n goed toegeruste kombuis, oopplan-sitkamer en 'n omheinde patio met 'n ingeboude braai in die eetarea, asook 'n buite-sitarea om die somer- en berguitsigte te geniet.

Veilige parkeerplek van die straat af agter afstandbeheerde hekke word vir alle gaste voorsien. Bykomende geriewe is ADSL, elektriese komberse, verwarmers, haardroërs, badhanddoeke, linne, eetgerei, breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in die kothuis. Daarbenewens word alle gaste voorsien van brikette, vuuraanstekers en komplimentêre items soos koffie, tee, suiker en melk.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Stephen M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. We had a fantastic stay. The host was great and answered any enquiries prior to our visit promptly as well as during our sta...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Les B
Saam met lewensmaat
5.0
Our venue of choice when we travel from the Western Cape to KZN. Cleanliness is a de facto issue for my wife and me. The hosts have ens...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Jeandre V
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing guest house with a great host. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Elmarie L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig en gerieflik. Dit was 'n heerlike verblyf. Die uitsig was mooi en die plekkie was toegerus met alles wat mens nodig het vir 'n week se ...
Sien meer
Nov 2024
Pierre D
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, stil en heerlik. Dit was een van die lekkerste en gemaklikste plekke om te bly. Alles wat nodig was, was daar en Mandy het ons hartlik verwe...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 17 Collett Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Clarens On Collett het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Collett Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc9a7f16be9ff6862b5472bd761cc77468ac5c793f7aab153855c27246025d086a010c347e62127721dc55f174a607f8084ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 17 Collett Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.519284 28.412863
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang